Heuning-geposjeerde pere met jogurt
Foto’s: Micky Hoyle Galery
4 porsies
- 400 ml water
- 60 ml heuning
- 4 pere, gehalveer
- 500 ml jogurt
- 40 ml sagte bruinsuiker
Gooi die water en heuning in ’n diep pan. Bring tot kookpunt en roer tot die heuning gesmelt is. Sit die pere in en kook vir 15 minute. Draai pere om en kook vir nog 15 minute. Haal uit en gooi die bietjie stroop wat oorbly oor die pere. Sit voor saam met jogurt: Verdeel die jogurt tussen vier glase en skep bruinsuiker bo-op. Dit sal ná so 5 minute begin smelt.
Om te drink
Rooibostee sal dié ontbyt afrond.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd