Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop

Deur Barbara Joubert, SARIE - Junie 2009

Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dis nou vir jou ’n uithaal-en-wys-sop, ideaal vir ’n swierige ete

Jy benodig

  • 12 rooi soetrissies
  • 10 hoenderdye
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1,5 liter hoender-aftreksel 
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas soetrissies op ’n bakplaat en hoenderdye in ’n oondbak. Geur dye met sout en swartpeper. Rooster albei vir sowat 40 minute. Draai soetrissies ná 20 minute om. Haal soetrissies en hoender uit die oond. Plaas soetrissies in ’n bak en maak toe met kleefplastiek. Laat staan vir sowat 15 minute. Verwyder vel en pitte. Sny in dik repe. Verwyder vel en bene van die hoender. Breek hoender in groot stukke. Verhit olyfolie in ’n pan. Voeg ui by en braai tot bruin. Gooi soetrissies en knoffel by. Meng goed. Voeg aftreksel, hoender en basiliekruidblare by. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir sowat 5 minute. Skep in sopborde en sit voor saam met broodrolletjies.

Om te drink
Stellenbosch Hills Chardonnay

Rolletjies
(6 rolletjies)

Jy benodig

  • 250 g witbroodmeel
  • 250 g koekmeel
  • 10 ml sout
  • 10 g kitssuurdeeg
  • 15 ml suiker
  • sowat 250 ml louwarm water
  • 45 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 200 °C. Meng broodmeel, koekmeel, sout, suurdeeg en suiker saam in ’n groot mengbak. Voeg water geleidelik by tot ’n lekker stywe deeg. Knie vir sowat 10 minute.
Plaas in ’n groot mengbak en smeer ’n bietjie olyfolie oor. Maak toe met kleefplastiek en laat tot dubbel die grootte rys. Knie deeg af en voeg die olyfolie by. Knie dit goed deur. Vorm
broodrolletjies. Sprinkel meel op ’n bakplaat en plaas rolletjies daarop. Maak klein snytjies bo-op elke rolletjie. Sprinkel nog meel oor en laat rys tot dubbel die grootte. Plaas in die warm
oond en bak vir 35 minute.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Boontjiesop

    Boontjiesop

    SARIE KOS Winter 2010

    Sop bly maar die beste kos wanneer die koue nader kruip.

  • Franse bruin-uie-sop

    Franse bruin-uie-sop

    SARIE Julie 2010

    Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!

  • Koue ertjie-en-kruisement- sop

    Koue ertjie-en-kruisement- sop

    SARIE KOS Somer 2009/10

    'n Koue sop op warm dae is 'n lafenis, veral met die vars groen smaak van kruisement en ertjies. Voeg 'n bietjie sout by wanneer jy die ertjies kook om die groen kleur te behou. 4 porsies

  • Oondgeroosterde hoender met okkerneute

    Oondgeroosterde hoender met okkerneute

    SARIE - Desember 2009

Galery

  • Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop
  • Broodrolletjies

Web Development by FormFunction