Hoender-en-sampioen-kebabs
Foto’s: Donna Lewis Galery
20 minute
(4 kebabs)
- 4 hoenderborsies, in blokkies gesny
- 250g klein bruinsampioene
- 4 bamboes-kebabstokkies, in water geweek
- 45ml olyfolie
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 15ml origanum, grofgekap
- 1 suurlemoen se sap en skil
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Ryg hoender en sampioene om die beurt op die kebabstokkies. Meng olyfolie, knoffel, origanum en suurlemoenskil en -sap. Gooi dit oor die kebabs en geur goed met sout en swartpeper. Verhit 'n riffelpan tot rokend warm. Braai kebabs vir 10 - 15 minute en draai hulle elke 5 minute om. Verf marinade oor terwyl hulle braai. Sit warm voor. Die hoender is gaar sodra dit wit is tot teenaan die kebabstokkie.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Caprese-kebabs
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Hoender-en-kaaskebabs
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Hoenderkebabs met sprietui-kapokaartappels
SARIE KOS - Winter 2008
Die jogurt-marinade gee ’n lekker Griekse gevoel aan dié gereg.
-
Kebabs: filet, hoender, lam
SARIE - Maart 2005
Probeer dié een gerus. Maak sommer al drie - die marinade is dieselfde, maar vir die hoender word kerriepoeier bygevoeg.
-
Lamskebabs met jogurtmarinade
SARIE - Oktober 2007
Dis vir my die lekkerste kebabs - veral gebraai op die kole. Probeer om groot metaal-kebabstokke in die hande te kry. Die kebabs bestaan net uit vleis en niks anders word tussenin geryg nie.
-
Oosterse kebabs
SARIE KOS Somer 2009/10
Die lekkerte van dié gereg is dat jy dit in die oond kan rooster of oor die kole braai. Marineer die vleis verkieslik oornag in die yskas, so nie darem vir 3 uur.
-
Steak-kebabs
SARIE KOS Lente 2010
25 minute
-
Tamatie-konkoksie
SARIE KOS Lente 2010
'n Heerlike hoendergereg vir enige tyd van die week.
















Kommentaar