Hoender-en-varkvleis-terrien
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hierdie gereg is baie lekker, ook as voorgereg.
(8 - 10 porsies)
- 3 lourierblare
- 3 - 4 vars tiemietakkies
- 500 g repiespek (streaky)
- 400 g gerookte kasslersteaks, grofgekap
- 500 g varkfilet, grofgekap
- 1 ui, grofgekap
- handvol pietersielie
- 2 knoffelhuisies
- 250 g hoenderlewers
- 10 ml sout
- varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 eier, geklits
- 3 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
Verhit oond tot 180 °C. Sit lourierblare en tiemietakkies onderin 'n terrien-bak. Voer terrien-bak of 'n broodpan van sowat 28 x 10 cm uit met spek. Hou van die spek om op die vulsel te sit. Kap kassler-steaks, varkfilet, ui, pietersielie en knoffel in voedselverwerker fyn. Haal mengsel uit en maak die hoenderlewers fyn in voedselverwerker. Voeg by ander vleis. Geur met sout en peper. Voeg eier by en meng goed. Sny hoenderborsies in dik repe. Skep helfte van vleismengsel in bak en pak 'n laag hoenderrepies bo-op. Skep res van vulsel bo-op en maak toe met res van spek. As jy 'n terrien-bak gebruik, maak toe met deksel. As jy 'n broodpan gebruik, maak dit toe met tinfoelie. Sit terrienbak in 'n groot oondroosterbak en vul die bak met kookwater tot in helfte van die bak. Sit in warm oond vir 1½ uur. Haal uit en laat afkoel in bak.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Geroosterde groente-terrien
SARIE - Januarie 2006
Ek het net 2 soorte groente vir dié gereg gebruik - murgpampoentjies en geel soetrissies. Jy kan natuurlik kreatief raak en enige groente gebruik wat jy kan rooster.
-
Hoender-terrien
SARIE - Maart 2008
Ek self is mal oor enige terrien. Die basis van baie terriens is varkvleis, maar probeer ’n slag hoender
-
Kreefstertjies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dié gereg is eintlik glad nie kreef nie – die varkfilette lyk net soos kreefstertjies wanneer hulle toegedraai is in repies spek.
-
Oondgebakte gekrummelde varktjops
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Terrien met gerookte forel en avokadopeer
SARIE - Desember 2006
Dié terrien - my ma se gunsteling - het ons altyd Kersfees gekry.
















Kommentaar