Hoender Kiëf
Foto’s: Micky Hoyle Galery
2 porsies
- 45 ml sagte botter
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- hand vol pietersielie, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 2 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
- 2 eiers, geklits
- 40 ml melk
- 70 g (125 ml) koekmeel
- 100 g fyn broodkrummels
- 300 ml sonneblomolie
Meng botter, knoffel en pietersielie saam tot ’n pasta. Geur met sout en swartpeper. Vorm ’n lang sigaar met die mengsel en draai toe met kleefplastiek. Plaas in yskas tot hard. Slaan hoenderborsies versigtig plat. Deel botter in twee en plaas ’n stuk in die middel van elke hoenderborsie. Vou hoenderborsies toe soos pakkies. Plaas met gevoude kante na onder eers terug in yskas sodat botter weer hard word. Klits eiers en melk saam. Rol hoenderborsies in meel, doop in die geklitste eiermengsel en rol dan in broodkrummels. Herhaal proses. Verhit olie in ’n kastrol en braai hoender vir sowat 10 minute. Die olie moenie te warm wees nie. Sit voor met gebreekte aartappels.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gebreekte basiliekruid-aartappels
SARIE KOS - Lente 2008
Dis die wonder van alle bygeregte. Jy mag dink die resep vra baie olyfolie, maar die olie word opgeslurp deur die warm aartappels.
-
Geroosterde hoender met salie en parmaham op knolgroente
SARIE KOS vir mans 2010
'n Baba-hoender is die perfekte porsie vir een. As jy hoenderborsies verkies, maak 2 per persoon.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd