Hoenderborsies gebak in papier
Foto’s: Donna Lewis Galery
30 minute
(4 - 6 porsies)
- 45 ml olyfolie
- 4 (500 g) hoenderborsies
- bakpapier
- 200 g groenboontjies
- 200 g fetakaas, in growwe stukke gebreek
- sap en skil van 4 suurlemoene
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit 'n riffelpan tot vuurwarm. Sprinkel olyfolie oor hoenderborsies en verseël in warm riffelpan - sowat 1 minuut per kant. Maak papiersakkies van bakpapier: Vou 'n reghoek van 45 cm lank in die helfte. Vou nou die 2 kort kante 4 keer om, elk 1 cm per vou. Druk stewig vas en plaas op bakplaat. Verdeel groenboontjies tussen 4 sakkies gevolg deur feta-stukke. Plaas 'n hoenderborsie bo-op elkeen. Druk suurlemoensap bo-oor uit. Geur goed met sout en swartpeper. Vou die laaste oop kant toe net soos die ander 2 kante. Bak vir 15 - 20 minute of tot hoender gaar is. Skeur warm sakkies oop en sit voor.
Wenk: Jy kan alles voor die tyd maak en in jou yskas hou.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Gesonder hoender-pastasop
SARIE KOS Winter 2010
-
Hoender, sampioene en feta pizza
SARIE - Oktober 2010
Vinniger as 'n wegneemete! As jy nie lus het om die tamatiesous te maak nie, kan jy die soort pizzakors koop wat dit reeds op het.
-
Hoenderkerrie
SARIE KOS Herfs 2010
-
Hoenderstukke gebak met tamatie
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Ontbeende hoender
SARIE KOS Winter 2010
Dis nie so moeilik om 'n hoender te ontbeen nie. My manier is om net die bors- en rugbeen te verwyder.
-
Oondgebakte hoender
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Tikka masala-hoenderstukke
SARIE KOS April/Mei 2011
Kyk by die spesery-afdeling vsn jou supermark vir die kerriepasta. Dit maak die hoender baie geurig.













Kommentaar