Hoenderboudjie-konkoksie op die kole
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan met 'n geruste hart die eerste aand van kamp hoender maak, want jy hou dit tot dan mos in jou koelsak.
- 30ml olyfolie
- 15 hoenderboudjies
- 1 pakkie (500g) baba-uie
- 6 heel knoffelhuisies
- 1 blik (410g) gekapte tamatie
- 30ml blatjang
- 2 blikkies (330ml elk) bier
- 5ml droë gemengde kruie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 pakkie (500g) babaaartappels
Wanneer julle by die kampterrein aankom, los alles en kry eers die vuur aan die gang. Wanneer jou kole reg is - dit kan nog taamlik warm wees - sit jy die potstaander op die kole. Verhit olyfolie in 'n lekker groot plat pan. Braai die hoenderboudjies tot bruin (die hitte in die middel van die pan is die hoogste, so beweeg die hoenderboudjies rond terwyl dit braai). Voeg die uie by
en braai vir nog sowat 15 minute. Voeg die knoffelhuisies, tamatie, blatjang en bier by. Geur met gemengde kruie en sout en swartpeper. Voeg aartappels by. Laat kook oor die kole totdat aartappels sag is. Dit sal so 45 minute neem.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Hoender repies in sesamisaad met brandrissie salsa
SARIE - Maart 2005
Die gereg is baie lekker om net aan te peusel saam met ’n drankie of selfs as ’n voorgereg.
-
Hoender-masala
SARIE - Maart 2005
Die gereg is maklik, vinnig en ontsettend lekker. As jy meer van ’n skop wil hê, voeg net nog masala by.
-
Hoenderborsies gevul met pesto en mozzarella
SARIE - Julie 2005
Raak vanaand so ’n bietjie van jou frustrasies by die werk ontslae, want jy moet die hoenderborsies met ’n koekroller platslaan!
-
Hoenderburger
SARIE KOS - Somer 2008
Die kombinasie van hoender en guacamole is heerlik. Maak dié burger met enige broodrolletjie
-
Peri–peri-hoenderlewers
SARIE - Julie 2005
Ek dink mense eet glad nie genoeg hoenderlewertjies nie! Dis goedkoop en ontsettend lekker.
-
Poulet basquaise
SARIE KOS Lente 2010
-
Suurlemoen-hoender met koljander-jogurt bruschetta
SARIE - Januarie 2005
Bruschette is 'n wonderlike manier om mee te onthaal. Wat bo-op 'n bruschetta kom kan vooraf gemaak word en die meeste bestanddele kan jy klaar by deli's koop - en dis lekker veral in die vakansietyd
















Kommentaar