Hoenderkerrie
Foto’s: Phyllis Green Galery
(4 porsies)
- 75 ml sonneblomolie
- 400 g ontbeende hoenderborsies, in 2 cm blokkies gesny
- 1 ui, in skywe gesny
- 10 kerrieblare
- 15 ml vars knoffelpasta
- 15 ml vars gemmerpasta
- 10 ml brandrissiepoeier
- 10 g kardemompeule
- 30 ml kerriepoeier
- 2 tamaties, grofgekap
- 300 ml hoender-aftreksel
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- hand vol vars koljanderblare, grofgekap
Verhit olie in 'n pan en braai hoender vir 10 minute tot bruin. Verwyder uit pan en hou eenkant. Verhit pan weer met olie en braai ui tot goudbruin. Voeg kerrieblare, knoffel en gemmer by en soteer vir 2 minute. Voeg al die geurmiddels en tamaties by. Meng goed en prut vir sowat 'n minuut. Voeg aftreksel geleidelik by. skep hoender by en laat kook tot gaar. Geur met sout en
swartpeper. sit voor met vars koljander en rys of roti-brood.
Verwante artikels
-
Eiland steurgarnaal-kerrie
SARIE KOS Winter 2009
Lus vir iets eksoties? Dan is dié een vir jou
-
Hoenderborsies gebak in papier
SARIE KOS Lente 2010
30 minute
-
Indiese hoender-botterkerrie
SARIE KOS Winter 2009
Dié kerrie is nie baie sterk nie. Kinders sal daarvan hou en jy kan Bulgaarse jogurt daarby voorsit.
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Lamskenkel-kerrie
SARIE - April 2009
Moenie afgesit word deur die baie bestanddele nie – die meeste is speserye.
















Kommentaar
Rina het gesê:
dit lyk so lekker
25ste Aug. 2011, 11:08