Hoenderkerrie-pot

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Herfs 2008

Hoenderkerrie-pot Foto’s: Micky Hoyle Galery

Onthou, jy maak 'n pot, nie 'n bredie nie! ’n Bredie roer jy, maar 'n pot (verkieslik oor 'n houtvuur) roer jy glad nie. Die bestanddele word in lae gepak en moet stadig prut.

(6 porsies)

  • 15 ml sonneblomolie
  • 15 ml botter
  • 9 hoenderdye (met vel)
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 3 knoffelhuisies, grofgekap
  • 5 kardemomsade
  • 1 stuk pypkaneel
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml fyn gemmer
  • 1 rooibrandrissie, fyngekap
  • 5 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyn koljander
  • 3 heel naeltjies
  • 400 g gekapte tamaties (1 blik)
  • 6 aartappels, geskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 kerrieblare

Verhit die olie en botter in die pot. Braai die hoenderdye tot lekker bruin. Haal dit uit en braai die uie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Voeg die knoffel en die speserye (behalwe die peper en kerrieblare) by en braai vir so 2 minute. Plaas die hoender bo-op die mengsel en skep die tamaties oor. Rangskik die aartappels bo-op en geur met sout en swartpeper. Voeg die kerrieblare by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 1 - 1½ uur.

Om te drink

Gewürztraminer is vol blomgeure, en die soeter styl pas goed by kerrie. Probeer Paul Cluver, Neethlingshof of Simonsig s’n.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels