Hoenderpastei
Foto’s: Ryno Galery
Geen familie-Kersfees sal volmaak wees sonder hoenderpastei nie. Hier is dit soos ek dit by my ma leer maak het.
(6 porsies)
- 80 ml olyfolie
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 uie, grofgekap
- 2 suurlemoene, gehalveer
- 2 heel hoenders
- 500 ml groenteaftreksel
- 45 ml botter
- 250 g wit sampioene
- 250 ml room
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 500 g blaardeeg
- 1 eier
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in 'n groot pot. Voeg knoffel en uie by en braai liggies tot goudbruin. Druk halwe suurlemoene in hoenders en braai in warm pot tot goudbruin. Gooi hoenderaftreksel by. Maak pot toe en plaas in warm oond. Bak vir 2 uur of tot die vleis van die been loskom. Vlok vleis van karkasse af en hou eenkant. Gooi alle pansappe by gevlokte hoender. Verhit botter in 'n braaipan en braai sampioene tot goudbruin. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room oor en laat stadig prut tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi in 'n oondvaste bak van 30 cm. Rol blaardeeg uit en sny sowat 2 cm groter as bak se rand. Plaas op hoender. Sny woorde of vorms uit orige deeg en sit bo-op. Verf met eier en bak vir 25 - 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.
Wenk: Onthou om die hoender lank en stadig te verbruin, dit sal sorg vir ekstra smaak.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Geroosterde hoender-en-prei-pasteie
SARIE KOS Winter 2009
Besluit self of jy jou eie blaardeeg wil maak of gekoopte blaardeeg wil gebruik. Ek maak graag my eie
-
Ham-mosterd-en-kaas-pasteie
SARIE KOS Winter 2009
-
Hoenderpastei
SARIE KOS Herfs 2009
Ek hou van myne met ’n lekker sous – dis veral perfek as jy dit saam met rys voorsit
-
Hoenderpastei met aartappels
SARIE - September 2007
’n Hoenderpastei bly ’n gunsteling in my familie. Hierdie resep is lekker maklik.
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Maalvleispasteie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Spinasiepastei met fillo-deeg
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar
Elmarie Terblanche het gesê:
My mond water nou, ek gaan gou tandeborsel sodat ek my werk kan doen! Dankie vir heerlike resepte. E
20ste Mar. 2012, 12:56Henriette het gesê:
Preie is van die ui family - 'n lang dun (maar dikker as grasuie) uistingel
23ste Aug. 2011, 07:36Dries het gesê:
Al die resepte is baie lekker :)
20ste Mei. 2011, 14:35Lizel het gesê:
Wat is preie
9de Mei. 2011, 12:14