Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dis seker die lekkerste broodpoeding wat bestaan! Jy het die vreugde van al die spesery in die bolletjies, en die luuksheid van die sjokolade is net hemels.
4 porsies
- 6 hot cross buns, gehalveer
- 80 ml botter
- 80 ml konfyt
- 100 g witsjokolade, grofgekap
- 135 g frambose, vars of bevrore
- 200 ml room
- 2 eiers
- 80 ml bruinsuiker
- 250 ml dik room, om voor te sit
Verhit jou oond tot 180 ˚C. Smeer botter en konfyt op elke hot cross bun-helfte en sit weer op mekaar om konfyt-toebroodjies te maak. Halveer elkeen. Plaas broodjies in ’n 20 x 20 cm-pan. Gooi gekapte sjokolade en frambose oor. Meng room en eiers en gooi oor. Strooi bruinsuiker oor en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gestol. Sit warm voor met dik room.
Wenk
Jy kan individuele poedings maak deur die resep te verdeel tussen 4 oondvaste bakkies van jou keuse.
Maak jou eie paasbolletjies - Herman wys jou stap-vir-stap hoe

- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
5 Minuut-sjokoladekoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Als-in-een-fantasie-lekkers
SARIE Maart 2010
Perfek vir kinders! Die naam sê alles. Maak toe jou oë en geniet alles wat lekker is!
-
Asynpoeding
SARIE KOS Winter 2010
Jy sal óf hiervan hou óf glad nie (jy kan die asyn effe proe).
-
Broodpoeding met brandewynsous
SARIE KOS vir mans 2010
Ja, jy kán bak in die bos!
-
Broodpoeding met konfyt
SARIE KOS vir mans 2010
-
Donker-sjokolade-lemoen-soufflé
SARIE - April 2010
Jy hoef glad nie bang te wees vir dié soufflé nie. Al val dit plat, bly dit ewe lekker.Ek eet soufflé saam met roomys of vars room. Die koue daarvan sal die hitte van die soufflé balanseer.
-
Hawermout-en-rosyntjie-stafies op ’n stokkie
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 2
Perfek vir kinders! Dis baie voedsaam en die kinders kan dit sommer self maak, met so ’n klein bietjie hulp.
-
Hot cross bun-Franse roosterbrood met bros spek en heuning
SARIE Maart 2010
’n Heerlike idee vir ’n baie fancy ontbyt om Paasfees in styl te vier!
-
Hot cross bun-roomysbroodjies
SARIE Maart 2010
’n Vinnige oplossing vir nagereg wat ook baie indrukwekkend sal lyk. Gebruik sommer winkelroomys. Ek is mal oor karamel-roomys, maar die keuse is joune!
-
Kluitjies gebak in Karamelsous
SARIE - Junie 2010
'n Sout seebries vra soetigheid. Kluitjies is in die kol - Herman Lensing
-
Nougat-patee met hot cross bun-wafers
SARIE Maart 2010
Papierdun hot cross bun-wafers saam met ’n eenvoudige soet patee is my idee van die hemel.
-
Resepte: Paasbederf met nét 7 bestanddele
SARIE April 2012
Deel ’n spyskaart van liefde en hartskos. Paasfees is immers ’n tyd vir koester en heeldag-kuiers.
-
Sjokolade-en-framboosbrood
SARIE - Maart 2011
-
Sjokolade-haselneut-en-piesang-koek
SARIE KOS Herfs 2010
Kyk hoe lekker word so 'n piesangbrood opgezhoosh!
-
Sjokolade-kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
Dis baie ryk, maar as jy van sjokolade hou, sal dít geen probleem wees nie!
-
Sjokolade-neutbederf
SARIE - Maart 2011
Dalk het jy, soos ek, grootgeword met dié koekies met Mariebeskuitjies. Hier is my weergawe van die resep.
-
Vryvorm-sjokolade-tert
SARIE - April 2010
Die tert verg geen uitvoer van panne met deeg nie. Dis eenvoudig om te maak.Die tert stol eers heeltemal wanneer dit afkoel. Moet dit dus nie te lank bak nie, anders gaan die vet in die sjokolade uitborrel.


















Kommentaar