Hot cross bun-roomysbroodjies
Foto’s: Donna Lewis Galery
’n Vinnige oplossing vir nagereg wat ook baie indrukwekkend sal lyk. Gebruik sommer winkelroomys. Ek is mal oor karamel-roomys, maar die keuse is joune!
6 porsies
- 6 hot cross buns, gehalveer
- 30 ml botter
- 1 liter karamelroomys
- 30 ml versiersuiker
- 1 hand vol kruisementblare
Smeer elke hot cross bun-helfte met botter. Verhit ’n pan tot vuurwarm en rooster elke helfte se gesnyde kant tot goudbruin en bros. Skep 6 roomysballe en plaas op helftes van die geroosterde brood. Druk ’n tweede helfte op die roomys vas en druk saam. Sif versiersuiker oor en versier met vars kruisementblare.
Maak jou eie paasbolletjies - Herman wys jou stap-vir-stap hoe

- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Als-in-een-fantasie-lekkers
SARIE Maart 2010
Perfek vir kinders! Die naam sê alles. Maak toe jou oë en geniet alles wat lekker is!
-
Brioche-roomysbroodjies
SARIE - Maart 2011
Brioche is 'n Franse soetbrood. Kry dit by jou naaste bakkery of gebruik Paasbolletjies.
-
Hawermout-en-rosyntjie-stafies op ’n stokkie
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 2
Perfek vir kinders! Dis baie voedsaam en die kinders kan dit sommer self maak, met so ’n klein bietjie hulp.
-
Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding
SARIE Maart 2010
Dis seker die lekkerste broodpoeding wat bestaan! Jy het die vreugde van al die spesery in die bolletjies, en die luuksheid van die sjokolade is net hemels.
-
Hot cross bun-Franse roosterbrood met bros spek en heuning
SARIE Maart 2010
’n Heerlike idee vir ’n baie fancy ontbyt om Paasfees in styl te vier!
-
Nougat-patee met hot cross bun-wafers
SARIE Maart 2010
Papierdun hot cross bun-wafers saam met ’n eenvoudige soet patee is my idee van die hemel.
-
Roomys en sjokoladesous
SARIE September 2010
As jy nie tyd het om roomys te maak nie, gebruik sommer winkelroomys. Die kersies is wel 'n moet!
-
Roomys met sjokoladesous en 'soet goeters'
SARIE - Desember 2010
Dié nagereg verg min moeite en is goedkoop. Dis 'n klassieke familiegunsteling wat almal sal laat vra vir nog.
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.


















Kommentaar