Italiaanse minestrone-sop
Foto’s: Donna Lewis Galery
Propvol met alles wat heilsaam is. Dis vullend en baie ekonomies.
(4 porsies)
- 30 ml botter
- 2 wortels, in ringe gesny
- 2 uie, grofgekap
- 2 selderystokke, in ringe gesny
- 100 g spek, fyngekap
- 3 tamaties, skil en pitte verwyder, in blokke gesny
- 1 liter hoenderaftreksel
- 1 lourierblaar
- 10 ml roosmaryn, gekap
- 100 g (250 ml) pennepasta
- 1 x 420 g-blik cannellinibone
- 1 x 420 g-blik rooi bone
- 2 murgpampoentjies, in ringe gesny
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 125 g basiliekruid-pesto
Verhit botter in 'n groot pot tot warm. Plaas wortels, uie, seldery en spek in pot en braai vir 10 minute of tot lig en bruin. Voeg tamatie by en braai vir nog 5 minute. Voeg hierna die aftreksel en kruie by, bring tot kookpunt en sit pasta by. Laat kook vir sowat 10 minute totdat die pasta sag en gaar is. Dreineer bone en spoel af onder lopende water. Voeg bone en murgpampoentjies by. Kook vir sowat 3 - 5 minute of totdat die bone warm is. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor saam met basiliekruid-pesto.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Botterskorsie-sop
SARIE KOS April/Mei 2011
Dié sop bly 'n gunsteling, maar die verskil is dat jy hier feta-kaas bo-oor krummel. Ek het klaargesnyde botterskorsie gebruik.
-
Groentesop ('n maal op sy eie)
SARIE - Julie 2007
Groentesop is die heel lekkerste wanneer dit lank kook. Ek kook dié sop dikwels oornag op ’n baie lae hitte. Jy kan rys- of alfabet-pasta byvoeg. Kinders is mal daaroor.
-
Murgpampoentjiesop (Vegetaries)
SARIE - Julie 2005
Dit is een sop waaroor my kinders heeltemal gek is.
-
Tamatie-broodsop
SARIE - Julie 2006
Van die lekkerste tamatie-sop nóg!
-
Tamatie-en-soetrissiesop met kaaspoffers
SARIE KOS April/Mei 2011
Die sop is heerlik warm of by kamertemperatuur.
-
Vissop
SARIE KOS April/Mei 2011
Dié resep is lekker vinnig.
-
Wortel-en-prei-roomsop (voorgereg)
SARIE - Julie 2007
Tot taamlik onlangs was botterskorsie-sop ’n gewilde voorgereg. Maak nou wortel-en-preisop as voorgereg. Dis ’n heerlike afwisseling.
















Kommentaar