Italiaanse tamatiesop

SARIE KOS - Herfs 2008

Italiaanse tamatiesop Foto’s: Micky Hoyle Galery

(6 porsies)

  • 8 groot rosa-tamaties
  • 125 ml olyfolie
  • 10 ml growwe sout
  • 25 ml olyfolie
  • 4 uie, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • handvol vars basiliekruid
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 125 ml room (opsioneel)

Verhit jou oond tot 200 °C. Sny die rosa-tamaties in die helfte en plaas op ’n bakplaat. Sprinkel die 125 ml olyfolie en die growwe sout oor die tamaties. Plaas in die warm oond en rooster die tamaties vir ongeveer 15 minute. Verhit die 25 ml olyfolie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel, geroosterde tamaties en hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt en kook vir 10 minute. Voeg die vars basiliekruid by. Versap die mengsel tot glad en geur met sout en peper. Jy kan die room byvoeg as jy ’n romeriger sop verlang. Garneer met fyngekapte rooi-ui en ’n vars basiliekruidblaar.

  • Produksie Barbara Joubert

Verwante artikels

  • Uit my kruietuin

    Uit my kruietuin

    SARIE KOS - Herfs 2008

    Spysenier Annalize Buchanan is op haar gelukkigste wanneer sy kruie kan proe in haar uithaler-disse