Jou nommer 1- sjokoladepoeding
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die Bar-Ones maak dié poeding ekstra lekker.
(5 PORSIES)
- 3 groot eiers
- 250 ml sonneblomolie
- 250 ml sterk swart koffie
- 1 boks sjokoladekoekmengsel
- 2 x 100 g-Bar-Ones
Sous
- 250 ml kookwater
- 30 ml kakao
- 60 ml suiker
- Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n elektriese menger en breek die eiers in die bak. Voeg olie by en klits teen ’n hoë spoed vir 10 minute. Voeg die koffie by en klits vir 5 minute.
- Voeg die pakkie koekmengsel by die eiermengsel en meng goed.
- Sny sjokolade in stukke en voeg by. Meng deur. Verdeel mengsel in 5 gesmeerde emaljebekers
(250 ml elk). Plaas bekers op ’n bakplaat. Bak vir 50 minute. Druk ’n dun pennetjie in die poedings om te toets dat dit gaar is. - Plaas bestanddele vir sous in kastrol. Kook vir 5 minute oor lae hitte. Gooi sous oor warm poedings.




- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Bosbessie-pankoek
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Brioche-roomysbroodjies
Brioche is 'n Franse soetbrood. Kry dit by jou naaste bakkery of gebruik Paasbolletjies.
-
Brownies
SARIE KOS April/Mei 2011 | Kommentaar: 1
Brownies moet klam wees. Baie mense sal dink dis nog effens rou, maar dit is presies hoe dié lekkerte moet wees.
-
Churros met sjokoladesous
SARIE - Maart 2011
Die Spaanse manier van doughnuts maak, dis vinnig en maklik!
-
Karamel-broodpoeding
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Al ooit gewonder of jy ’n poeding op ’n vuur kan maak? Ja, jy kan!
-
Peer-krummelpoeding
SARIE Julie 2011
-
Ryspoeding met donkersjokolade en lemoen
SARIE Julie 2011
In die hart van die winter is dit al wat ek nodig het om warm te word.
-
Sjokolade-rooiwynkoek
SARIE KOS April/Mei 2011
Met al die speserye in die koek ruik dit soos Kersfees. Ek dink die koek sal heerlik wees vir Paasfees, veral met die donkersjokolade in. (Donkersjokolade en rooiwyn is immers goeie pasmaats.)
-
Sjokolade-roompoeding
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Jy kan dié een ook reeds die aand voor die tyd maak. Dit proe eintlik beter as dit yskoud met vars bessies voorgesit word.
-
Sjokoladesous-poeding
SARIE Julie 2011
Die poeding maak sy eie sous as jy dit bak. Dis altyd ’n wenner.


















Kommentaar