Kaasfondue
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Gebruik die regte kaas hiervoor. Gruyère is altyd suksesvol. Die fondue is ook heerlik saam met baguettes, groen slaai en gerookte worsies vir 'n ligte aandete.
(4-6 porsies)
- 10 ml fyngekapte knoffel
- 200 ml droë witwyn
- 200 ml groenteaftreksel
- 450 g gerasperde gruyère-kaas
- 15 ml mielieblom
- 30 ml ekstra wyn of brandewyn
- sout en vars gemaalde swartpeper en neut
Plaas die knoffel, witwyn en groenteaftreksel in 'n kastrol. Verhit tot net onder kookpunt. Voeg die gerasperde kaas bietjie vir bietjie by. Maak seker elke bietjie kaas is gesmelt voor jy nog byvoeg. Roer deurgaans totdat 'n gladde sous vorm. Verhit die kaassous tot kookpunt. Meng die mielieblom en ekstra wyn/brandewyn en voeg by die kaassous. Verlaag die hitte en hou aan roer tot dit verdik. Indien die sous te dun is, kan jy nog 'n bietjie mielieblom byvoeg. Voeg sout, swartpeper en neut by. Gooi in 'n fonduepot en sit voor saam met bokkombrood en tempura.
- Produksie Barbara Joubert en Danny Toüa
Verwante artikels
-
Barbara en Herman kook saam by die SA Kaasfees
SARIE - April 2010
-
Lang tafels by die see
SARIE KOS - Somer 2007
Ah! Lang strande, lang someraande en lang kuiers by kosfoendi Arnold Hoon en aktrise Annalise Bosch op Paternoster. Dié bekende paartjie ontdek die kosskatte van die Weskus. Jy moet net aansit . . .
















Kry jou SARIE oral, enige tyd