Kaaskoek-kolwyntjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis ’n heerlike kombinasie van sjokolade- en kaaskoek
(12 kolwyntjies)
- 175 g donker sjokolade
- 55 g ongesoute botter
- 2 eiers
- 175 g strooisuiker
- 65 g koekmeel
- 55 g bruismeel
- 100 g ongesoute botter, in blokkies
- 100 g roomkaas
- 30 g strooisuiker
- 15 ml heuning
- 1 eier
- 15 ml bruismeel
- versiersuiker om te sif
Verhit jou oond tot 175 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met 12 papierbakkies uit. Smelt die sjokolade en botter saam in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater. Klits die eiers en suiker saam tot lig en romerig. Sif die
koekmeel en bruismeel saam. Vou die meel in die eiermengsel in saam met die gesmelte sjokolade. Skep die mengsel in die papierbakkies. Plaas die hele kaaskoekmengsel in ’n elektriese menger. Klits al die bestanddele goed saam. Skep die kaaskoekmengsel bo-op die sjokolademengsel. Plaas in die warm oond en bak vir 30 minute. Haal uit die oond en laat afkoel. Sif ’n klein bietjie versiersuiker bo-oor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert
SARIE KOS Herfs 2010
Dié een móét jy net maak - dis lekkerte, gewaarborg!
-
Kolwyntjies of cupcakes...?
SARIE KOS Lente 2010
-
Romerige gebakte kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 2
Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.
-
Swartkersie-kaaskoektertjies
SARIE KOS Herfs 2010
Die Duitsers is baie lief vir geblikte swartkersies in hul kaaskoeke. Fantasties!
-
Vinnige kondensmelkkaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
Kaaskoek kan lank neem om te maak, maar dié een is vinnig, maklik en lekker.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd