Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas

Deur Barbara Joubert, SARIE - Desember 2008

Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas Foto’s: Micky Hoyle Galery

Jou familie sal spesiaal voel as jy vir elkeen sy eie klein kaaskoekie bak

(Maak sowat 8)

Jy benodig

  • 500 g ricotta-kaas
  • 7 ml vanieljegeursel
  • 250 ml crème fraîche
  • 310 g strooisuiker
  • 60 ml koekmeel
  • 8 eiers
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer bakkies met botter. Gooi strooisuiker in en rol die bakkies sodat dit bedek is met die strooisuiker. Raak ontslae van die orige suiker. Plaas die bakkies op ’n bakplaat. Sit die ricotta-kaas, vanieljegeursel en crème fraîche in jou voedselverwerker. Meng alles saam vir sowat 30 sekondes. Gooi die strooisuiker, meel, eiers en suurlemoenskil by. Meng weer vir 30 sekondes. Verdeel die mengsel in jou bakkies. Los sowat 1,5 cm spasie aan die bokant. Die mengsel sal heelwat rys - amper soos 'n soufflé - maar moenie skrik as jy dit uit die oond haal en dit sak weer heeltemal terug nie. Bak in die oond vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel in die bakkies.

Framboos-mascarpone-kaas

Jy benodig

  • 175 g bevrore frambose (raspberries)
  • 250 g mascarpone-kaas
  • 40 ml strooisuiker

Plaas al die bestanddele in jou voedselverwerker en meng goed. Skep die mengsel in ’n plastiekbakkie wat jy kan toemaak. Hou in die yskas tot benodig.

Framboos-sous

Jy benodig

  • 175 g bevrore frambose
  • 45 ml strooisuiker
  • 100 ml water

Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag die hitte sodat die sous prut. Die bessies sal sag word en meng met die water en suiker. Prut vir 30 minute tot dik. Haal van die hitte af en laat afkoel. Hou die sous in die yskas tot benodig. Sit die kaaskoekies voor met ’n skeppie mascarpone-kaas en ’n lepelvol framboos-sous bo-op. Versier met vars frambose en versiersuiker as jy wil.


Om te drink

Oranjerivier Wynkelder Wit Muskadel

Watter pannetjies moet ek gebruik?
Jy kan klein ramekin-bakkies of klein koekpannetjies vir die kaaskoek gebruik. Die deursnee van ’n pannetjie moet so 9 cm wees en die diepte so 6 cm. As jy klein ramekin-bakkies gebruik, sal jy meer as 8 kaaskoekies uitkry.

  • Plek Hadeda

Verwante artikels

  • Framboos-en-witsjokolade-semifreddo

    Framboos-en-witsjokolade-semifreddo

    SARIE KOS Somer 2009/10

    'n Baie lekker nagereg vir hierdie tyd van die jaar wanneer almal so baie onthaal.

  • Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert

    Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert

    SARIE KOS Herfs 2010

    Dié een móét jy net maak - dis lekkerte, gewaarborg!

  • Kaaskoekterte

    Kaaskoekterte

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.

  • Kersfees-sjokolade-terrien

    Kersfees-sjokolade-terrien

    SARIE - Desember 2009

    Wat is dié tydvan die jaar sonder ’n Kersfees-koek? Probeer dié anderste een

  • Lemoen-yskas-kaaskoek

    Lemoen-yskas-kaaskoek

    SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 3

    Ek het dié kaaskoek leer maak toe ek nog in restaurante gewerk het. Jy kan dit aanpas nes jy wil - ek hou van sitrus.

  • Romerige gebakte kaaskoek

    Romerige gebakte kaaskoek

    SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 2

    Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.

  • Swartkersie-kaaskoektertjies

    Swartkersie-kaaskoektertjies

    SARIE KOS Herfs 2010

    Die Duitsers is baie lief vir geblikte swartkersies in hul kaaskoeke. Fantasties!

Web Development by FormFunction