Kaaspoffertjies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Somer 2009/10

Kaaspoffertjies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Verpak dit mooi as geskenk - of geniet dit self!

(sowat 33 poffertjies)

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 150 g cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier
  • 15 ml melk
STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg 'n bietjie dunner en plaas helfte van kaas op een helfte daarvan.
STAP 2
Vou toe en rol weer dun uit. Herhaal proses totdat al die kaas in die deeg ingerol is.
 STAP 3
Druk vorms daaruit en plaas op 'n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Klits eier en melk saam.
Verf poffertjies met die mengsel en plaas in warm oond. Bak vir 15 - 20 minute. Hou poffertjies in 'n lugdigte
houe.
  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

Galery

  • Stap 1
  • Stap 2
  • Stap 3
  • Kaaspoffertjies

Kommentaar

Web Development by FormFunction