Kabeljou met ’n kruiekors
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Bak dit in 'n baie warm houtvuur-oond. Die vis bly sappig terwyl die kors goudbruin word.
- Een vars kabeljou (kop en stert af), oopgevlek
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- sap van 2 suurlemoene
- 250 ml vars broodkrummels
- 100 ml vars kruie - basiliekruid, origanum en vinkel - fyngekap in ’n voedselverwerker
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 125 ml olyfolie
Verhit jou oond tot 200 °C. Geur die vis met sout en peper en die suurlemoensap. Meng die broodkrummels, kruie, knoffel en olyfolie saam. Pak die kruiemengsel bo-op die vis. Bak vir ongeveer 20 minute. Sodra die dikste deel van die vis wit binne is, is die vis gaar.
Om te drink
’n Vol, komplekse wyn soos die organiese Laibach White Ladybird, ’n versnit van chardonnay, viognier en chenin blanc.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Uit my kruietuin
SARIE KOS - Herfs 2008
Spysenier Annalize Buchanan is op haar gelukkigste wanneer sy kruie kan proe in haar uithaler-disse


















Kry jou SARIE oral, enige tyd