Kalkoen in die Weber
Foto’s: Donna Lewis Galery
Vir my is Kersfees nie Kersfees sonder kalkoen nie, al is dit nie juis 'n SA tradisie nie. Braai 'n slag die kalkoen oor die kole, dit smaak fantasties.
(8 - 10 porsies)
- 500 g sagte botter
- hand vol tiemie, roosmaryn, salie en pietersielie, gekap
- 5 knoffelhuisies, gekap
- sap en skil van 2 suurlemoene
- 3 heel suurlemoene, gehalveer
- 500 ml hoenderaftreksel
- 6 rooi-uie, in kwarte gesny
- 4 knoffelknolle, in breedte gehalveer
- 1 kalkoen (die een op die foto was so 2,5 kg)
Meng botter, kruie, knoffel en sap en skil van suurlemoen. Maak vel op kalkoen se bors los met jou vingerpunte. Druk helfte van bottermengsel onder vel in en versprei eweredig. Sit halwe suurlemoene in kalkoen se karkas en bind bene stewig aan mekaar vas met kombuistou. Sit kalkoen in oondpan wat in Weber sal pas en smeer res van bottermengsel oor. Gooi aftreksel, rooi-uie en halwe knoffelknolle in die pan. Sit in 'n Weber met medium-warm kole en plaas deksel bo-op. Die gaatjies van die Weber moet half oop wees, anders smoor die kole dood. Laat stadig bak vir 3 uur. Maak elke uur oop en skep van die pansouse oor kalkoen. Jy sal ook 'n aparte vuur moet maak vir ekstra kole om elke uur die kole in die Weber aan te vul.Om te kyk of kalkoen gaar is, druk 'n mes in op die dikste deel van die vleis by die dye. Hou in vir 15 sekondes. As die mes se punt baie warm is en die sap wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar. Haal uit roosterpan en plaas op opdienbord. My ma het altyd die bene vasgebind met 'n mooi rooi strik, en ek doen dit ook nog. Skep groente uit pan en sit voor saam met kalkoen.
Wenk: As jy 'n kalkoen koop, sal jy sien daar is 'n rooi plastiekknoppie op die borsgedeelte. Los dit in, want sodra die kalkoen gaar is, spring die knoppie uit!
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Coq au vin - hoender in rooiwyn
SARIE KOS Herfs 2010
-
Geroosterde hoender-en-aartappel-broodjie
SARIE KOS vir mans 2010
25 minute
-
Heel geroosterde hoender met groente
SARIE KOS Herfs 2010
My manier van kook - alles saam in 'n oondroosterpan!
-
Ontbeende hoender
SARIE KOS Winter 2010
Dis nie so moeilik om 'n hoender te ontbeen nie. My manier is om net die bors- en rugbeen te verwyder.
















Kommentaar