Kaneel-doughnuts met dik sjokolade-sous
Foto’s: Donna Lewis Galery
Daar is iets baie verleideliks aan kos wat jy in sjokoladesous kan doop.
12 − 14 doughnuts
- 125 ml vars room
- 100 g donkersjokolade, gekap
- 100 g (125 ml) suiker
- 280 g (500 ml) koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml neutmuskaat
- 2 ml sout
- 1 eier
- 15 ml botter, gesmelt
- 125 ml melk
- olie vir diepbraai
- kaneelsuiker (100 g witsuiker gemeng met 10 ml fyn kaneel)
Verhit room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot alles gesmelt is. Hou eenkant. Sif droë bestanddele saam in groot mengbak. Meng eier, botter en melk goed saam. Gooi twee derdes van mengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg res van mengsel geleidelik by totdat ’n stywe deeg vorm. Knie vir 5 minute en laat rus vir 20 minute. Rol deeg uit tot 2 cm dik. Gebruik ’n ronde koekiedrukker van 3 cm en druk sirkels uit. Verhit olie tot mediumwarm en gooi deegsirkels in. Braai vir sowat 8 – 10 minute of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en rol dadelik in kaneelsuiker. Sit warm voor met die sjokoladesous.
Wenk
Die olie moenie te warm wees nie, anders word die doughnuts bruin voordat dit in die middel gaar is.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Churros met warm kaneelsjokolade
SARIE September 2011
Soetgoed is nie groot in die Mexikaanse koskultuur nie. Hulle eet wel baie sjokolade, maar met speserye bygevoeg.
-
Fudge-doughnuts
SARIE Oktober 2011
Doughnuts is deesdae weer oral te kry – van fênsie restaurante tot eenvoudige straatkafees.
-
Peer-en-sjokolade-tarte-tatin
SARIE - April 2010
Moenie skrik vir die groot woorde nie, dis maar net 'n onderstebo peertert.
-
Sjokolade-brownies
SARIE KOS Somer 2009/10
Maak sowat 24 blokkies van 4 x 4 cm
-
Sjokolade-kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
Dis baie ryk, maar as jy van sjokolade hou, sal dít geen probleem wees nie!
-
Sjokolade-tiramisu
SARIE KOS Somer 2009/10
My weergawe van tiramisu - ek voeg gesmelte sjokolade bo-op by
-
Tafel vir 2 - Spyskaart-idees vir Valentynsdag
SARIE - Februarie 2010
Valentynsdag is 'n dag om liefde vir mekaar te vier, te lag oor wat was en te deel oor wat nog kom! Maak kos met oorgawe en liefde, dit sal onvergeetlik bly. Herman dek 'n tafel vir 2
-
Warm dubbel-sjokolade-drankie
SARIE - April 2010
Dit maak jou van binne af warm soos jou eerste soen!Ek skink die warmsjokolade ná ete as 'n vinnige nagereg met tuisgemaakte malvalekkers bo-op.
-
Wortelkoek
SARIE KOS Herfs 2010
Die lekkerte is dat dit met volkoringmeel gemaak word.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd