Karamel-mousse-koek
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dis ’n kombinasie van ’n flan en ’n uitgeholde sjokoladekoek van die Australiese kosghoeroe Donna Hay.
(8 – 10 porsies)
- 1 x Ina Paarman Cake Mix
- 5 g gelatienpoeier
- 40 ml water
- 2 eierwitte
- 60 g strooisuiker
- 250 ml room
- 150 g witsjokolade, fyngekap
- 150 g karamel-kondensmelk
- 100 ml melk
Bo-laag
- 2 eierwitte
- 80 g strooisuiker
Bak koek volgens aanwysings op boks, maar pleks van beslag in 2 panne te verdeel, bak alles in een 30 cm-losboom-koekpan. Laat afkoel tot yskoud. Sny bokant van koek gelyk. Hol binnekant uit en los ’n koekrand van 2 cm onder en buite om. Laat gelatien in water oplos. Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf. Hou eenkant terwyl jy room tot sagte punte klits. Plaas sjokolade, karamel-kondensmelk en melk in middelslag-pot oor lae hitte en roer
tot glad. Voeg gelatien by en roer tot gladde mengsel. Vou eierwitmengsel in, gevolg deur room. Sit koekvorm op opdienbord. Gooi mousse-mengsel in holte en laat stol 3 – 4 uur of oornag.
Bo-laag: Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Hou aan klits terwyl jy strooisuiker stadig byvoeg. Klits tot stywe punte vorm. Skep meringue op koek en brand bruin met blaasvlam.
- Assistent Tanya Pohl
Verwante artikels
-
Donkersjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 2
Liesl Herwig van Kaapstad vertel dat sy dié resep by ’n vriendin in londen gekry het.
-
Herman se grootword-sjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3
"Niemand kon bak soos my ouma nie. Hier is haar oorspronklike resep. Dis die maklikste en lekkerste een wat ek ken."
-
Pavlova met ’n twist
SARIE Februarie 2012
Kombineer pavlova met gekoopte koek uit die bakkery, en jy kyk met nuwe oë na dié klassieke nagereg.
-
Sjokolade-fudgekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 7
Eugene Joubert van Pretoria het dié resep vir SARIE KOS ingestuur. Dis so klam dat jy dit sonder versiersel kan eet. Of gebruik gewone botterversiersel.
-
Sjokolade-peerkoek
SARIE Februarie 2012
Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.
-
Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek
SARIE Februarie 2012
Jy kan lemoen-bloeiselwater by die supermark koop.
















Kommentaar