Kardemom-kaaskoek met wit sjokolade

Deur Barbara Joubert, SARIE - September 2005

Kardemom-kaaskoek met wit sjokolade Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dis beslis ’n kaaskoek met ’n verskil. Moenie afgeskrik word deur die kardemom nie - dit geur die room net effens. Om die waarheid te sê: Jou gaste sal dink dis baie fancy om kaaskoek met kardemom in te eet.

Kors

  • 250 g “Digestive”-koekies
  • 100 ml gesmelte botter

Kap die koekies fyn in ’n voedselverwerker. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Voer ’n 20 cm losboompan uit met waspapier en spuit met Spray & Cook. Druk nou die koekiemengsel onder in die pan.

Vulsel

  • 400 g roomkaas
  • 125 ml suiker
  • 3 eiers
  • 250 ml room
  • 300 g wit sjokolade
  • 2 lourierblare
  • 8 kardemom-sade
  • 200 g gekapte pistasie-neute (opsioneel)

Klits die roomkaas en suiker saam in ’n groot mengbak tot lig. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Verhit die room oor lae hitte saam met die kardemom en lourierblare - net tot die room gegeur is. Laat staan vir so 10 minute om die room te geur. Gooi deur ’n sif. Smelt die sjokolade oor warm water. Voeg nou die room en gesmelte sjokolade by die roomkaasmengsel. Meng goed. Gooi in voorbereide koekpan en bak teen 180 °C vir 1 uur tot gestol. Ek sit in dié stadium die oond af en laat die kaaskoek vir ’n halfuur in die oond staan. As dit bo-op bars, moenie te bekommerd wees nie - dit gebeur met kaaskoek, en jy gaan in elk geval ’n blom bo-op sit vir die mooi. Laat die kaaskoek in die pannetjie afkoel en sprinkel met gekapte pistasie-neute. Sif ’n bietjie versiersuiker om die rand van die kaaskoek om dit verder af te rond.

Verwante artikels

  • Drielaag-sjokolade-nagereg

    Drielaag-sjokolade-nagereg

    SARIE KOS Somer 2009/10

    As jy verslaaf is aan sjokolade is dié treffer net vir jou - hy't al drie soorte!

  • Kaaskoekterte

    Kaaskoekterte

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.

  • Romerige gebakte kaaskoek

    Romerige gebakte kaaskoek

    SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 2

    Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.

  • Witsjokolade-en-pekanneut-pralien-kaaskoek

    Witsjokolade-en-pekanneut-pralien-kaaskoek

    SARIE KOS Herfs 2010

    Witsjokolade saam met pekanneut-pralien is liplek-lekker.