Karoo-lamskerrie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die kerrie waarmee ek grootgeword het! Lekker so reg uit die Karoo.
6 – 8 porsies
- 500 g droë botterbone
- 50 ml sonneblomolie
- 800 g lamsnek
- 1 600 g lam-kortribbetjie
- 2 uie, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 375 ml water
- 20 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 15 ml gladde appelkooskonfyt
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas bone in ’n groot kastrol en tap koue water by om bone te bedek. Kook vir 5 minute. Skakel plaat af en laat staan bone oornag in water. Verhit sonneblomolie in ’n oondkastrol en braai lamsnek en -ribbetjie oor stadige hitte tot mooi bruin. Verhit oond tot 180 °C. Voeg uie en knoffel by vleis en braai vir 10 minute. Voeg aartappels en 250 ml van die water by. Plaas kastrol met ’n deksel op vir 1 uur in die oond sodat vleis sag word. Skakel intussen weer die plaat aan en kook bone tot sag. Haal kastrol met vleis uit die oond en voeg kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by. Geur met sout en swartpeper. Dreineer bone en voeg by die vleis. Voeg 125 ml water by. Meng deur en plaas terug in die oond vir minstens nog 2 uur. Jy kan die temperatuur verlaag na 160 °C en dit stadig laat kook. Die sous sal lekker afkook. Haal deksel ná 1 uur af as sous nog te dun is. Sit voor saam met roti’s en blatjang.
Om te drink
Geniet saam met shiraz soos Eagles Nest se 2006-shiraz, wat onlangs 5 sterre in die John Platter-wyngids gekry het.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Heel geroosterde lamsnek
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gewoonlik koop jy lamsnek reeds opgesny in stukke. Vra jou slagter vir heel lamsnekke en probeer hierdie weergawe.
-
Roosterkoek met kerriemaalvleis
Koop sommer winkeldeeg.
-
Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel
SARIE KOS Somer 2009/10
Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.
-
Thai-groenkerrie met hoender
SARIE KOS vir mans 2010
30 minute













Kry jou SARIE oral, enige tyd