Karringmelkbeskuit – die basiese resep
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Gebruik 'n broodpan van sowat 18 cm x 8 cm. Ek sny gewoonlik my beskuit in stukke – dis net makliker
Een broodpan
(18 stukke)
- 500 g bruismeel
- 2,5 ml sout
- 250 g botter
- 200 g suiker
- 250 ml karringmelk
- 1 eier
Twee broodpanne
(36 stukke)
- 1 kg bruismeel
- 5 ml sout
- 500 g botter
- 400 g suiker
- 500 ml karringmelk
- 2 eiers
Gooi die bruismeel en sout in 'n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Sit die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpanne en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met 'n toetspen en maak seker hy kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog. Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit.


















Kry jou SARIE oral, enige tyd