Kebabs: filet, hoender, lam
Foto’s: Phyllis Green & Ryno Galery
Probeer dié een gerus. Maak sommer al drie - die marinade is dieselfde, maar vir die hoender word kerriepoeier bygevoeg.
Marinade
- 5 ml / 1 eetlepel witpeper
- 5 ml / 1 eetlepel paprika
- 15 ml / 1 eetlepel djeera-poeier
- 150 ml sojasous
- 150 ml water
- 2,5 ml / ½ eetlepel borrie
- 2, 5 ml / ½ eetlepel fyn neut
- 15 ml / 1 eetlepel garam-masala
- 2, 5 ml / ½ eetlepel droë origanum
Meng al die bogenoemde bestanddele saam. Genoeg vir 1 van die vleissnitte. 8 vars tamaties, in kwarte gesny 4 uie, in klein kwarte gesny. Vir die hoender: Die marinade soos hierbo, maar voeg 1 eetlepel kerriepoeier en ½ eetlepel roosmaryn by.
- 1 groot beesfilet
- 1 lamsboud
- 1 hoender
Sny filet, lam en hoender in blokkies. Laat marineer vir 1 uur. Ryg vleis op ‘n kebabstokkie met ui en tamatie tussenin. Braai oor warm kole.
Verwante artikels
-
Asian kebabs
SARIE KOS Somer 2009/10
The great thing is you can roast these in the oven or braai them over the coals. Preferably marinate the meat overnight in the fridge, or at least for 3 hours.
-
Gebakte filet op aartappels
SARIE KOS Somer 2010/11
30 minute
-
Hoender-en-sampioen-kebabs
20 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd