Kerrie-groenbone

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Lente 2008

Kerrie-groenbone Foto’s: Micky Hoyle Galery

Heerlik saam met lekker sterk cheddarkaas!

(sowat vier 250 ml-flesse)

  • 1 kg groenbone
  • 2 uie, gekap
  • 100 g suiker
  • 8 ml sout
  • 25 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 30 ml mielieblom
  • 450 ml witwynasyn

Sny die groenbone in sowat 3 cm stukke. Gooi die bone in ’n kastrol en bedek met warm water. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Voeg die uie by en kook vir nog 5 minute. Meng die suiker, sout, kerriepoeier, borrie en mielieblom met ’n bietjie van die asyn. Voeg die mengsel by die bone en gooi die res van die asyn ook by. Roer goed en kook stadig vir 5 minute. Vul gesteriliseerde flesse met die warm bone.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg