Kerrie-lam-skenkel-pastei
Foto’s: Donna Lewis Galery
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
(6 porsies)
- 50 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 6 klein, heel lamskenkels
- 60 ml mediumsterk kerriepoeier
- 20 ml fyn koljander
- 2 x 400 g-blikke kersietamaties
- 250 ml rooiwyn
- 100 ml water
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 500 g blaardeeg
- 1 eier
Verhit oond tot 180 ˚C. Gooi olyfolie in 'n warm pan en braai ui en knoffel tot lig en deursigtig. Plaas lamskenkels in pan en braai tot goudbruin. Gooi speserye by en braai vir nog 5 minute.Voeg tamaties, rooiwyn en water by.Haal van hitte af, geur met sout en swartpeper en maak dig toe met tinfoelie. Bak in oond vir sowat 2 uur of totdat vleis van bene loskom. Plaas gaar skenkels in 'n oondvaste bak met bene na bo.Gooi al die pansous oor. Plaas blaardeeg bo-op skenkels en druk bene deur deeg.Verf rand van deeg met van die eier en druk deeg stewig vas om kante van pan. Verf res van eier oor en bak vir 20 - 25 minute tot goudbruin. Sit warm voor. Moenie bekommerd wees as die deeg insak nie. Dit word steeds gaar en die pansappe trek in die deeg in.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
Appel-en-kaaspastei
SARIE KOS Lente 2009
As kind was my gunsteling ’n lekker sterk stuk cheddarkaas saam met ’n groen appel. Dis ’n kombinasie wat wonderlik werk in ’n pastei.
-
Ham-mosterd-en-kaas-pasteie
SARIE KOS Winter 2009
-
Herderspastei
SARIE KOS Winter 2009
-
Hoenderkerrie
SARIE KOS Herfs 2010
-
Hoenderpastei
SARIE - Desember 2010
Geen familie-Kersfees sal volmaak wees sonder hoenderpastei nie. Hier is dit soos ek dit by my ma leer maak het.
-
Karoo lamb curry
SARIE KOS Winter 2009
The curry I grew up with! Straight from the Karoo
-
Kerriemaalvleis op roti met sambal
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Lamskenkel-pasteie
SARIE KOS April/Mei 2011
Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.
-
Lamskenkels met kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.
-
Lamsribstuk met pistasieneut-kors en baba-groente
SARIE - Desember 2009
Daar's niks so lekker soos 'n stukkie pienk lam, met die ekstra geur van neute, vir 'n feesmaal nie
-
Maalvleis-pasteie
SARIE KOS Herfs 2009
-
Osso bucco - kalf-skenkels
SARIE KOS Herfs 2010
-
Roosterkoek met kerriemaalvleis
SARIE KOS Winter 2010
Koop sommer winkeldeeg.
-
Springbokpastei met slapdeeg-kors
SARIE KOS vir mans 2010
Blaardeeg is gewild, maar dié kors is nog lekkerder - en almal kan dit maak.
















Kommentaar