Kerriemaalvleis op roti met sambal

Deur Herman Lensing

Kerriemaalvleis op roti met sambal Foto’s: Donna Lewis Galery

30 minute

(4 - 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml masala
  • 30 ml kerriepoeier
  • 500 g maalvleis
  • 250 g gemengde groente
  • 200 ml beesaftreksel
  • 60 ml blatjang
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml olyfolie
  • 6 roti's

Vir die sambal

  • 2 tamaties in blokkies gesny
  • 1 ui, grofgekap
  • hand vol koljander, gekap

Verhit olyfolie in 'n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir sowat 5 minute. Voeg masala en kerrie by. Braai 2 minute. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 10 - 12 minute of tot die vleis gaar is. Voeg groente, aftreksel, blatjang en konfyt by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir sowat 15 minute. Geur goed met sout en peper. Sambal Meng intussen bestanddele vir sambal en hou eenkant. Braai roti's volgens verpakkingsaanwysings in olyfolie en sit warm voor saam met maalvleis en sambal.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Indiese hoender-botterkerrie

    Indiese hoender-botterkerrie

    SARIE KOS Winter 2009

    Dié kerrie is nie baie sterk nie. Kinders sal daarvan hou en jy kan Bulgaarse jogurt daarby voorsit.

  • Kerrie-lam-skenkel-pastei

    Kerrie-lam-skenkel-pastei

    SARIE Maart 2010

    As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!

  • Kerriegroenbone

    Kerriegroenbone

    SARIE - Augustus 2009

  • Kerriemaalvleis-vetkoek

    Kerriemaalvleis-vetkoek

    SARIE - Mei 2009

    Ek dink die meeste van ons ken vetkoeke só – veral as jy al by die KKNK of Aardklop was! Daar kan jy jou behoorlik lam eet hieraan. Gebruik die resep vir suurdeeg-vetkoek en maak die kerriemaalvleis-vulsel soos volg.

  • Vinnige maalvleis-pasteie

    Vinnige maalvleis-pasteie

    SARIE KOS Herfs 2009

Kommentaar