Kersfees-sjokolade-terrien

Deur Herman Lensing, SARIE - Desember 2009

Kersfees-sjokolade-terrien Foto’s: Donna Lewis Galery

Wat is dié tydvan die jaar sonder ’n Kersfees-koek? Probeer dié anderste een

1 medium-groot terrien

  • 185 ml room
  • 15 ml brandewyn
  • 400 g donkersjokolade, fyngekap
  • 100 g haselneute, oondgerooster
  • 150 g heel glanskersies

Voer ’n broodpan van 18 x 10 cm met bakpapier uit. Verhit room en brandewyn tot kookpunt. Gooi oor gekapte sjokolade en roer tot sjokolade gesmelt is. Voeg res van bestanddele
by en meng deur. Gooi mengsel in uitgevoerde pan en plaas in yskas vir sowat 1 uur of tot gestol. Keer uit en sny in skywe met ’n skerp mes. Sit voor saam met sterk koffie of espresso.

Wenk
Om die doppies van die haselneute te verwyder: Rooster vir sowat 10 minute in die oond. Vou die warm neute in ’n skoon afdroogdoek toe en vryf dit rond. Al die doppies sal in die doek
agterbly.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar

Verwante artikels