Klassieke Quiche Lorraine
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Moet asseblief nie uie byvoeg nie - ’n klassieke Quiche Lorraine bevat geen uie nie
(8 porsies)
32 cm-oondbak
Deeg
- 400g meel
- 2 ml sout
- 200g botter
- 90 ml koue water
Sif die meel en sout in ’n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die koue water by en vorm ’n deeg. Bedek met kleefplastiek en plaas vir 30 minute in die yskas. Smeer ’n pan met botter. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer die pan uit met die deeg. Sit waspapier bo-op die deeg en vul met boontjies. Bak vir 20 minute teen 200 °C.
Vulsel
- 350 g gruyère-kaas, gerasper
- 500 g repiespek, in klein blokkies gesny
- 15 ml botter
- 6 eiers
- 500 ml room
- 250 ml melk
- sout en vars gemaalde swartpeper
Sit die gerasperde kaas in die oondbak. Smelt die botter en braai die spek tot bros. Sprinkel die gebraaide spek eweredig bo-op die kaas. Klits die eiers, melk en room goed saam en geur met ’n bietjie sout en swartpeper. Gooi die eiermengsel oor die vulsel en bak vir 45 minute teen 180 °C.
Verwante artikels
-
Artisjokke, tamatie en feta quiche
SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 1
Hierdie heerlikeMediterreense kombinasie maak 'n fees van 'n ligte middagete.













Kry jou SARIE oral, enige tyd