Klein lamsosaties
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy hoef sosaties nie net oor kole te braai nie. Onder die rooster-element gaargemaak, of in ’n pan gebraai, is hulle ook lekker.
(sowat 17 klein sosaties)
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 2 lourierblare
- 10 ml sout
- 3 ml fyn gemmer
- 4 draaie varsgemaalde swartpeper
- 20 ml fyn koljander
- 100 ml melk
- 150 g droë appelkose
- 4 uie, in kwarte gesny
- 1 kg lamsboud, in blokkies gesny
Meng al die bestanddele (behalwe die appelkose en uie) saam en gooi dit oor die vleisblokkies. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat staan oornag in die yskas. Maak die sosatiesous soos volg:
Sosatiesous
- 200 ml water
- 20 ml suiker
- 20 ml kerriepoeier
- 3 ml sout
- 5 ml borrie
- 20 ml fyn appelkooskonfyt
- 450 ml witwynasyn
- 30 ml mielieblom, gemeng tot ’n pasta met 50 ml water
Meng al die bestanddele behalwe die asyn en die mielieblom in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute. Voeg die asyn by en laat afkoel. Meng die sous met die vleisblokkies en marineer vir minstens 1 - 2 dae. Ryg die vleis, appelkose en ui-kwarte op klein stokkies. Rooster die sosaties stadig tot bruin en gaar. Verhit die oorgeblewe marinade en verdik met die mielieblom-pasta. Bedien saam met die sosaties.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gebakte lam met baba-aartappels, feta en suurlemoen
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Springbok-kerrie-sosaties
SARIE KOS vir mans 2010 | Kommentaar: 1
Al ooit daaraan gedink om jou springbokboud op te sny en sosaties te maak? Dis beslis die moeite werd.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd