Klein melktertjies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Okt/Nov 2012

Klein melktertjies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Deona Tait, wenner van ons melktert-wedstryd, het die vulsel hierby as deel van haar resep ingestuur. Vir die klein melktertjies koop jy die deeg sommer by die winkel.

18 klein melktertjies

  • 2 velle blaardeeg

Spuit vlak muffinpannetjies met kleefwerende kossproei. Rol deeg dunner uit op meelbestrooide oppervlak. Druk met koekiedrukker sirkels uit wat groot genoeg is om muffinholtes uit te voer. Hou eenkant.

  • 42 g koekmeel
  • 50 ml mielieblom
  • 50 ml suiker
  • 1 ml sout
  • 125 ml melk

Meng al die bestanddele in ‘n mengbak tot glad. Hou dié meel-en-melkmengsel eenkant.

  • 2 eiergele
  • 25 ml suiker
  • 1 groot doppie vanieljegeursel (sowat 7 ml)

Klits al die bestanddele saam in ’n mengbak. Hou dié eiergeel-mengsel eenkant.

  • 2 eierwitte
  • ½ ml kremetart
  • 25 ml suiker

Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en hou eenkant. Verhit oond tot 260 °C. Die oondrak moet op die tweede rak van onder wees.

  • 550 ml melk
  • 10 ml botter
  • 2 stukke pypkaneel

Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Sodra die oond warm is, verhit die melk, botter en kaneel op plaat tot kookpunt. Skakel plaat af. Voeg dié warmmelkmengsel by die meel-en-melkmengsel en roer tot glad. Gooi terug in kastrol en plaas op afgeskakelde plaat. Roer melkmengsel in kastrol tot dit dik is – 1 tot 2 kookborrels is nodig. Gooi melkmengsel uit die kastrol terug in die mengbak. Verwyder kaneel. Roer eiergeel-mengsel by. (Iemand moes intussen vir jou die eierwit-mengsel geklits het tot net styf; nie te veel nie, want dan is dit droog.) Vou eierwitmengsel in. Skep in uitgevoerde muffinpannetjies, strooi fyn kaneel oor, en plaas in warm oond vir 10 minute. Verlaag temperatuur na 200 °C en bak nog 10 minute. As dit te bruin word, sit ‘n stuk foelie liggies bo-op met die blink kant na die element. Haal uit en laat ’n rukkie staan voor jy dit versigtig uithaal.

  • Assistent Cara Rademeyer en Nico Meyer

Verwante artikels

  • Biltong-patee

    Biltong-patee

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    ’n Wonderlike voorgereg vir ’n bos-ete – en ook lekker op brood as vinnige tussenin-happie.

  • Botter-groenbone

    Botter-groenbone

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    Dit is heerlik vars so saam met die bredie.

  • Dadelblokkies

    Dadelblokkies

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    ’n Lekker kombinasie saam met die melktert vir nagereg. Dis tipies Suid-Afrikaans.

  • Droëperske-blatjang

    Droëperske-blatjang

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    Ek het hierdie resep ontwikkel van ’n tamatieblatjang wat ek al gemaak het. Dit is die beste pasmaat vir die volstruis-terrien.

  • Knoffel-broodjies

    Knoffel-broodjies

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    Verspot maklik. Koop brooddeeg by jou supermark. Bak die broodjies in klein emmertjies of bakkies. Elke gas kry sy eie klein broodjie.

  • Volstruis-terrien

    Volstruis-terrien

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    Maak die terrien die vorige dag sodat dit effens kan stol in die yskas. As jy dit dieselfde dag nog sny, sal dit in stukke breek. Dit werk wonderlik saam met die droëperske-blatjang.

  • Wildsvleis-tamatiebredie

    Wildsvleis-tamatiebredie

    SARIE KOS Okt/Nov 2012

    Die eerste keer toe ek dié bredie vir ’n Leipoldt-storie gemaak het, het ek lamsvleis gebruik. Nou maak ek dit met wildsvleis, wat net so goed werk. Al verskil is dat dit langer in die oond moet bly. Die resep is natuurlik net so geskik vir potjiekosliefhebbers. Jy kan dit ook op die vuur maak.

Kommentaar