Kluitjies gebak in Karamelsous
Foto’s: Donna Lewis Galery
'n Sout seebries vra soetigheid. Kluitjies is in die kol - Herman Lensing
(4 - 6 porsies)
- 250 g (500 ml) koekmeel
- 30 ml bakpoeier
- 120 ml bruinsuiker
- 125 ml melk
- 150 g botter, gesmelt
- 1 vanieljepeul se uitgekrapte saadjies of 5 ml vanieljegeursel
Sous:
- 400 g (500 ml) bruinsuiker
- 200 ml water
- 250 ml room
- 50 g botter
Verhit oond tot 180 ˚C. Meng meel, bakpoeier en 60 ml van die bruinsuiker in 'n mengbak. Voeg melk, botter en vanieljesaadjies by en meng goed tot 'n deeg. Verdeel die deeg in 9 balle en rol elkeen in die res van die bruinsuiker. Plaas in 'n 25 cm koekpan wat gespuit is met kleefwerende sproei. Meng bruinsuiker en water vir die sous in 'n mediumgroot pot. Plaas oor hoë hitte en bring tot kookpunt. Laat vinnig kook totdat 'n ligte karamel begin vorm - sowat 8 minute. Voeg room en botter by en verwyder van hitte.Gooi die warm stroop oor die deegballetjies en bak vir 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met dik room.
Wenk:
Wil jy uithang? Verdeel die deeg tussen 6 - 8 oondvaste bakkies vir individuele porsies. Jou gaste sal baie spesiaal voel!
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding
SARIE Maart 2010
Dis seker die lekkerste broodpoeding wat bestaan! Jy het die vreugde van al die spesery in die bolletjies, en die luuksheid van die sjokolade is net hemels.
-
Karamelsous
SARIE Augustus 2010
-
Malvapoeding
SARIE KOS Winter 2009
Juan se keuse, maar Barbara se ouma se resep
-
Rabarber-krummelpoeding
SARIE KOS Lente 2009
-
Ryspoeding met karamelsous
SARIE KOS Winter 2009
-
Sjokolade-en-bessiebrood-poeding
SARIE - April 2010
Daar is iets baie nostalgies aan broodpoeding. Hierdie weergawe het 'n persoonlikheid van sy eie.
















Kommentaar