Koejawels gebak in port

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Koejawels gebak in port Foto’s: Micky Hoyle Galery

Gebakte koejawels is net so lekker soos gestoofde of gebottelde koejawels

4 porsies

  • 8 koejawels, geskil en gehalveer
  • 1 vanieljepeul, oopgesny en sade verwyder, of 2 ml vanieljegeursel
  • 125 ml esdoringstroop (maple syrup)
  • 125 ml port

Verhit oond tot 200 ºC. Plaas al die bestanddele in ’n oondbak en maak seker koejawels is goed bedek. Maak bak toe met tinfoelie en plaas in die oond vir 30 minute. Haal tinfoelie af en bak vir nog 15 minute.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels