Koffiekoekies

Deur Barbara Joubert

Koffiekoekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dié koekies laat my sommer na my ouma verlang. Sy het altyd vakansies kom kuier met ’n hele blik vol

(sowat 48 enkelkoekies of 24 twee-twee op mekaar)

  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • 2,5 ml koeksoda
  • 2 ml sout
  • 230 g (250 ml) botter
  • 125 ml gouestroop
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 15 ml koffiegeursel
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 1 eier, geklits
  • 100 g melksjokolade

Verhit jou oond tot 190 ºC. Sif die koekmeel, koeksoda en sout saam. Hou eenkant. Smelt botter en voeg die gouestroop, suiker en albei geursels by. Laat afkoel. Voeg die geklitste eier by en meng. Roer die gesifte droë bestanddele by en maak aan tot ’n gladde deeg. Rol dit in lang worse van so 1,5 cm dik. Sny die worse in stukke van sowat 6 cm. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en smeer met botter. Druk die stukke deeg plat met ’n vurk en plaas op die bakplaat. Bak vir sowat 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas die sjokolade in ’n bak wat pas oor ’n kastrol met kookwater (die bak moenie aan die water raak nie). Laat die sjokolade smelt. Plak die koekies twee-twee op mekaar vas met die gesmelte sjokolade.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Pampoensaad-en-klapperkoekies

    Pampoensaad-en-klapperkoekies

    SARIE KOS Somer 2010/11

    Dié koekies is onder my gunstelinge. Hulle bak nie droog soos ander koekies nie, maar bly so half sag in die middel.

  • Soetkoekies

    Soetkoekies

    SARIE KOS Winter 2010

    Dis die lekkerste koekie in die wêreld - en dis eg Suid-Afrikaans.

  • Vroue is soos koffie

    Vroue is soos koffie

    SARIE - November 2009