Koffiewafels
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die koffiegeur kom sterk deur terwyl hulle bak. Dis die maklikste in ’n elektriese wafelmaker.
(sowat 10 wafels)
- 180 g meel
- 15 ml bakpoeier
- 10 ml suiker
- 2 ml sout
- 125 ml sterk swart koffie, teen kamertemperatuur
- 125 ml melk
- 2 eiers, geskei
- 50 ml gesmelte botter, om die wafelpan mee te smeer
Sif die droë bestanddele saam. Klits die koffie, melk en eiergele goed saam. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en klits goed. Dit moet geen klonte hê nie. Klits die eierwitte styf en vou versigtig in die beslag in. Smeer die wafelpan en gooi van die mengsel in. Bak die wafels tot gaar en hou warm tot almal klaar gebak is. Sit voor saam met koffieroomys of styfgeklopte room en stroop.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Koffie-semifreddo
SARIE KOS Somer 2009/10
Van kleintyd af is ek besonder lief vir koffieroomys. Gooi jou mengsel in metaalkoffiebekers, vries dit daarin en sit dit sommer so voor.
-
Pannekoek
SARIE KOS Winter 2010 | Kommentaar: 1
Vir my kom niks by pannekoek met kaneel-en-suiker nie.
-
Vroue is soos koffie
SARIE - November 2009
-
Wafels met heuning en melksorbet
SARIE KOS April/Mei 2011
Wie't gesê wafels en roomys is so ongesond? Die sorbet bevat min vet en die wafels is van bruinbroodmeel.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd