Konfyt-tertjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
My ouma het altyd vir ons dié tertjies gebak.
(sowat 20 tertjies)
- 4 velle blaardeeg
- 2 eiers, geklits
- aarbeikonfy, appelkooskonfyt of bessiekonfyt
- versiersuiker om oor te sif
Verhit jou oond tot 200 °C. Voer bakplate met bakpapier. Plaas een vel blaardeeg op jou werkoppervlak en druk sirkels daaruit met ’n koekie-uitdrukker van so 5 ½ cm groot. Pak die helfte van die deegsirkels op ’n bakplaat. Smeer hulle met geklitste eier. Gebruik ’n koekie-uitdrukker van so 2 cm groot en druk gate in die middel van die res van die deegsirkels. Plaas hierdie sirkels-met -gate bo-op die deegsirkels op die bakplaat. Smeer met geklitste eier. Bak vir sowat 25 minute tot gaar en goudbruin. Haal uit en laat afkoel. Sif ’n bietjie versiersuiker oor en vul met ’n verskeidenheid konfyte.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Decor Anita Roussouw en Lounette Fourie
Verwante artikels
-
Gebakte kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Jy kan die gebakte kwepers saam met lamsvleis eet of saam met geklopte room vir poeding
-
Mascarpone-tertjies
SARIE KOS Herfs 2010
Dié tertjies herinner aan Portugese vla-tertjies. Die gekaramelliseerde pekanneute is opsioneel - maar dis heerlik én dit lyk mooi.
-
Patat-tertjies
SARIE - Mei 2010
Nie heeltemal soet nie, maar ook nie eintlik sout nie.













Kry jou SARIE oral, enige tyd