Koue ertjie-en-kruisement- sop
Foto’s: Micky Hoyle Galery
'n Koue sop op warm dae is 'n lafenis, veral met die vars groen smaak van kruisement en ertjies. Voeg 'n bietjie sout by wanneer jy die ertjies kook om die groen kleur te behou. 4 porsies
- 500 ml groente-aftreksel
- 700 g bevrore ertjies
- 2 ml suurlemoensap
- 20 kruisementblare
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit groente-aftreksel in 'n kastrol. Voeg ertjies by en kook vir 10 minute. Haal van hitte af en voeg suurlemoensap en kruisementblare by. Laat eers 'n bietjie afkoel voor jy die sop in 'n versapper gooi. Versap tot glad en geur met sout en swartpeper. Sit voor met parmesaan-kaas-crisps.
Parmesaan-kaas-crisps
(4 crisps)
- 50 g parmesaan-kaas, fyngerasper
- 12 kruisementblare
Verhit oond tot 200 °C. Plaas gerasperde kaas in lang stroke op 'n uitgevoerde bakplaat. Bak tot gesmelt en bruin. Haal dadelik uit die oond en druk drie kruisementblare op elke crisp vas. Laat afkoel op bakplaat.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Botterskorsie-sop
SARIE KOS Winter 2009
-
Cannellini-bone-en-hoendersop met blaardeeg
SARIE KOS Winter 2009
-
Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop
SARIE - Junie 2009
Dis nou vir jou ’n uithaal-en-wys-sop, ideaal vir ’n swierige ete
-
Krap-en-ertjie risotto
SARIE - November 2009
Krapvleis uit die blik werk veral goed in ’n risotto
-
Lemoen-en-botterskorsie-sop
SARIE KOS Herfs 2010
Die kombinasie van botterskorsie en lemoen is werklik 'n klassieke resep.
-
Peer-en-bokmelkkaas-tertjies
SARIE KOS Lente 2009
Die klein peertjies wat jy hierin gebruik, is só oulik. Jy kry hulle net geblik. As jy dit nie in die hande kan kry nie, gebruik ’n stuk vars peer vir elke tertjie.
-
Soortvan-vissop
SARIE KOS Lente 2009
















Kommentaar