Koue tamatie-en-vars-basiliekruid-sop
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die lekkerte van dié sop is dat jy dit die vorige dag kan maak en in jou yskas hou
(6 porsies)
Jy benodig
- halwe Engelse komkommer, geskil en in groot stukke gekap
- 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in groot stukke gesny
- 1 rooi-ui, in groot stukke gesny
- 200 ml hoender-aftreksel
- hand vol vars basiliekruidblare
- 60 ml olyfolie
- 400 g klein rosa-tamaties
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Sit die komkommer, soetrissie en ui in ’n versapper en verpulp. Voeg die hoender-aftreksel, basiliekruid, olyfolie en tamaties by. Verpulp weer. Geur die sop met sout en swartpeper en gooi in ’n bak. Maak toe met kleefplastiek. Plaas in die yskas vir minstens 4 - 6 uur. Verkieslik oornag. Sit voor saam met soetrissie-salsa.
Soetrissie-salsa
- 1 klein geel soetrissie, in klein blokkies gesny
- 1 klein rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
- halwe Engelse komkommer (met die skil), in klein blokkies gesny
- 125 ml crème fraîche
- vars basiliekruidblare
Meng die soetrissies en komkommer. Skep ’n eetlepel crème fraîche bo-op die sop. Skep van die soetrissie-salsa bo-op en garneer met ’n vars basiliekruidblaar.
Om te drink
Delheim Pinotage Rosé
- Plek Hadeda
Verwante artikels
-
Basiliekruid-gruyère- en-kruie-omelet
SARIE KOS Somer 2009/10
Bederf jouself vir middagete met dié verfrissende omelet. 1 porsie
















Kry jou SARIE oral, enige tyd