Krap-en-ertjie risotto
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Krapvleis uit die blik werk veral goed in ’n risotto
4 – 6 porsies
- 15 ml olyfolie
- 1 medium-ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 250 g arborio-rys (risottorys)
- 160 ml witwyn
- 700 ml groente-aftreksel
- 125 ml room
- 40 g parmesaan-kaas, gerasper
- 120 g vars ertjies, gekook tot gaar
- 1 blik (170 g) krapvleis, gedreineer
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit olyfolie in groot, diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en braai vir sowat 5 minute. Gooi wyn oor rys en laat stadig kook tot alles geabsorbeer is. Skep lepel vir lepel groenteaftreksel by en roer goed ná elke byvoeging. Wanneer al die aftreksel bygevoeg is en die rys ’n klewerige voorkoms het, voeg room by en roer goed. Prut tot rys heeltemal gaar is en die mengsel ’n romerige tekstuur het. Verwyder van hitte en vou parmesaan-kaas, gaar ertjies en krapvleis in. Geur goed met swartpeper en sout. As jy nie vars ertjies in die hande kan kry nie, gebruik gerus bevrore ertjies. Voeg dit by 5 minute voor jy die kaas en krap byvoeg.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Koue ertjie-en-kruisement- sop
SARIE KOS Somer 2009/10
'n Koue sop op warm dae is 'n lafenis, veral met die vars groen smaak van kruisement en ertjies. Voeg 'n bietjie sout by wanneer jy die ertjies kook om die groen kleur te behou. 4 porsies
-
Mushroom and blue cheese risotto
SARIE KOS Herfs 2010
30 minutes
-
Parmesaan-risotto met gebakte pampoen
SARIE - Maart 2011
Vra 'n vriendin met kookvernuf.
-
Sampioen-en-bloukaas-risotto
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 1
30 minute
-
Sampioen-en-botterskorsie-risotto
SARIE KOS April/Mei 2011
'n Alles-in-een-ete!
















Kry jou SARIE oral, enige tyd