Peter Veldsman se Kweper-en-gemmer-bredie

Deur Peter Veldsman

Peter Veldsman se Kweper-en-gemmer-bredie Foto’s: Micky Hoyle Galery

(6 porsies)

  • 1,5 kg ontbeende skaapbors en -blad, in bokkies gesny
  • 10 ml gerasperde neutmuskaat
  • 3 ml fyn kruie-naeltjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper sonneblomolie
  • 2 groot uie, oorlangs gehalveer, skille afgetrek en gekap
  • 1,5 kg kwepers, oornag in 'n lou-warm oond gebak
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyn gemmer
  • 5 ml fyn wonderpeper
  • 1 groot stuk pypkaneel
  • 1 groot stuk (75 mm) vars gemmerwortel, geskil en in skyfies gesny
  • 1 steranys
  • 6 vet knoffelhuisies, gekneus, geskil en fyngemaak

Geur die vleisblokkies met neutmuskaat, naeltjies, sout en peper en laat 30 minute lank staan. Verhit 'n bietjie olie in 'n swaarboomkastrol en braai 'n paar vleisblokkies op 'n keer rondom bruin. Verwyder met 'n gaatjieslepel en hou eenkant. Braai die res van die vleis, ook 'n bietjie op 'n keer, bruin. Gebruik meer olie, indien nodig. Skep die uie in die kastrol waarin die vleis gebraai is (met die olie daarin) en braai tot sag. Skep die helfte van die vleis terug in die kastrol. Sny die kwepers, skil, pitte en al in skywe en geur met borrie, fyn gemmer en fyn wonderpeper. Skep die helfte van die kwepers bo-op die vleis in die kastrol en plaas die stuk pypkaneel en steranys daarop. Skep die res van die vleis en daan die res van die kwepers in die kastrol. Strooi die gemmer en knoffel bo-oor.  Voeg 'n klein bietjie water (sowat 125 ml) by. Verlaag die hitte na laag, plaas die deksel op en prut stadig - sowat 2-2 ½ uur lank totdat die vleis  murgsag en gaar is. Loer af en toe in die kastrol en voeg klein bietjies water (niks meer as 50 ml op 'n keer) by, indien nodig. Aan die einde van die kooktyd, rasper ek gewoonlik die skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen en meng dit met 50 ml fyngekapte pietersielie en 2 vet, fyngekapte knofflehuisies. Net voordat die bredie voorgesit word, word dit versigtig by die bredie ingeroer. Sit voor met stampkoring of rys.  

Verwante artikels

  • Koskenner Peter Veldsman en ander vereer

    Koskenner Peter Veldsman en ander vereer

    SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1

    Peter Veldsman, koskenner en voormalige SARIE kosredakteur, is Vrydagaand saam met Cass Abrahams en S.J.A. de Villiers as die ATKV se Afrikone vereer vir hul kosbydrae tot die Afrikaanse kultuur. Die digter C. Louis Leipoldt is postuum vereer.

  • Peter Veldsman blog oor kluitjies + hy gee 2 resepte

    Peter Veldsman blog oor kluitjies + hy gee 2 resepte

    SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1

    Ontdek hierdie winter die eenvoudige waarheid van boerekos. Dis eg en eie aan ons aard. Peter gee twee heerlike resepte en vertel hoe kluitjies regoor die wêreld smaak...

  • Peter Veldsman blog: "In die sop"

    Peter Veldsman blog: "In die sop"

    SARIE Julie 2010

    Gegroet, liewe blog-lesers! In Sarie Kos Winter 2010 is 'n foto van drie geslagte kosredakteurs van die tydskrif: Die aantreklike jong Herman, Barbara en die uwe. En 'n klompie geregte uit my kombuis.

Kommentaar