Lam-en-ertjie-pastei
Foto’s: Donna Lewis Galery
(12 klein pasteie)
- 200 g (360ml) koekmeel
- 100 g (110ml) botter
- 60 ml yswater
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies
- 15 ml fyn koljander
- 10 ml komynsaad
- 10 ml garam-masala
- 1 kg lamsvleis-blokkies
- 400 g wit sampioene, gehalveer
- 200 ml beesaftreksel
- 250 ml laevet-room
- 280 g bevrore ertjies
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 ˚C. Sit meel en botter in voedselverwerker en meng op hoë spoed tot dit lyk soos fyn broodkrummels. Voeg yswater by en meng tot alles saam 'n bal vorm. Laat rus in yskas tot yskoud. Verhit olyfolie in 'n groot braaipan. Braai ui, knoffel, koljander, komynsaad en masala saam tot dit begin verkleur. Voeg vleis en sampioene by en braai sowat 10 minute tot goudbruin. Gooi aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 20 - 25 minute of tot vleis sag is. Gooi room by en laat prut tot 'n dik sous vorm. Roer bevrore ertjies by en geur goed met sout en peper. Laat afkoel. Rol koue deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Sny 12 sirkels van 15 cm groot met 'n koekiedrukker uit. Rol die orige deeg weer tot 3mm dik uit en sny sirkels van sowat 8 cm uit. Spuit holtes van standaard-muffinpan met kleefwerende sproei en voer uit met groot deegsirkels. Verdeel vleismengsel tussen pasteie. Plaas kleiner deegsirkel bo-op en seël die rande deur met vurk op kante te druk. Bak 20 - 25 minute of tot goudbruin.
Wenk: Jy kan ook een groot pastei maak in 'n 30 cm-koekpan.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Chorizo-empanadas
SARIE September 2011
-
Hoenderpastei op die kole
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ja, jy kan hoenderpastei ook oor die kole maak.
-
Inpak-pasteie
SARIE Augustus 2011
Perfek in jou kospakkie werk toe of as piekniekkos.
-
Maalvleispasteie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Mosterd-lamsribstuk
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Hierdie is werklik ’n baie maklike resep – en dit lyk baie indrukwekkend.
-
Padda in die gat
SARIE KOS - Winter 2008
Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole
-
Prei-en-aartappel-pastei
SARIE KOS Okt/Nov 2011
-
Rugby-ontbyt! Ontbytpasteie in 'n bord
SARIE KOS Augustus / September 2011
Die lekker van hierdie gereg is dat jy vir elke ou sy eie pastei in ’n bord bak. Jy kan die pasteie al die vorige aand aanmekaarsit en die oggend net voor die wedstryd in die oond sit.
-
Spek-hoender-en-sampioenpastei
SARIE KOS Augustus / September 2011
Gebruik dungesnyde aartappel as kors vir die pastei. Dis byna iets soos ’n kortpad-herderspastei.
-
Spinasiepastei met fillo-deeg
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar