Lamsboud met gebraaide aartappels
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Maak dit stadig gaar sodat die vleis van die been afval.
- 1 lamsboud, op die been
- 6 knoffelhuisies
- 1 roosmaryntak
- sowat 100 ml olyfolie
- sap van 2 suurlemoene
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 8 - 10 aartappels, geskil
- 8 mediumgrootte uie
Verhit jou oond tot 180 °C. Sny klein kepies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies daarin. Bind die roosmaryntak bo-op die boud vas met tou. Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n oondroosterbak en plaas die lamsboud daarin. Gooi die suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Plaas in die warm oond. Draai die temperatuur ná 1 uur af na 160 °C. Rangskik die groente om die boud en bedruip met vleissous. Rooster verder vir minstens 2½ uur. Draai ná ’n uur die groente versigtig om sodat dit weerskante lekker bruin kan word. Sit voor met groente van jou keuse.
Om te drink
‘n Klassieke dis, ‘n klassieke wyn. Geniet ’n volronde cabernet sauvignon, soos Kanonkop, Edgebaston of De Trafford s’n.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Lamsboud gebak in rosé-wyn
SARIE - Maart 2011
Eenvoudig hemels!
-
Lamsboud met kruisement-jogurt
SARIE - Desember 2010
So 'n klein bietjie Griekse inspirasie vir die fees.
-
Lamsboud met mosterd
SARIE KOS Winter 2010
Ek is nie meer so mal oor 'n lamsboud wat nog pienk is nie. Die manier waarop my ouma die boud vir lank in die oond gehad het, is nou vir my die lekkerste.
-
Oondgeroosterde springbokboud
SARIE KOS vir mans 2010 | Kommentaar: 1
Dis regtig 'n baie lekker manier om 'n heel boud gaar te maak. Onthou net, hy moet eers vir minstens 3 dae marineer.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd