Lamsboud met kruisement-jogurt
Foto’s: Donna Lewis Galery
So 'n klein bietjie Griekse inspirasie vir die fees.
(6 porsies)
- 2 mediumgroot lamsboude
- 12 knoffelhuisies
- 100 ml olyfolie
- 750 ml rooiwyn
- 6 roosmaryntakkies, gekap
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 500 ml Griekse jogurt
- hand vol kruisement, gekap
- 12 pita-brode, gerooster tot warm
Bind lamsboude met kombuistou vas sodat dit hul vorm behou. Druk 6 gate per boud met 'n skerp mes en druk knoffelhuisies daarin. Meng olyfolie, rooiwyn en roosmaryn. Gooi oor lamsboud en laat marineer oornag. Kry kole reg tot medium-hitte. Plaas lamsboude op rooster oor kole en geur goed met sout en swartpeper. Braai stadig vir omtrent 2 uur. (Ek hou van die lam heeltemal gaar. Ál wanneer ek pienk lamsvleis verkies, is vir tjops.) Smeer gedurig van die marinade op die vleis terwyl dit braai. Meng jogurt en kruisement en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm lam voor saam met jogurt en geroosterde pita-brode.
Wenk: Jy kan heel aartappels saam met die lam op die kole gaarmaak. As jy die oond verkies, bak dit in helfte van die marinade teen 160 ˚C vir omtrent 3 uur.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
5-uur-lamsboud
SARIE KOS April/Mei 2011
Dis vir my 'n baie lekker manier van kook - lank in die oond terwyl jy tyd het om ander dinge te doen.
-
Emile se 7 uur lamsboud
SARIE - Junie 2005
Hierdie resep kom uit Normandië, bekend vir die skaapvleis uit die souterige grasvlaktes teen die see.
-
Lamsboud gebak in rosé-wyn
SARIE - Maart 2011
Eenvoudig hemels!
-
Lamsboud met gebraaide aartappels
SARIE KOS - Herfs 2008
Maak dit stadig gaar sodat die vleis van die been afval.
-
Lamsboud met mosterd
SARIE KOS Winter 2010
Ek is nie meer so mal oor 'n lamsboud wat nog pienk is nie. Die manier waarop my ouma die boud vir lank in die oond gehad het, is nou vir my die lekkerste.
-
Lamsribstuk met kekerertjie-puree
SARIE - Januarie 2011
-
Lamsribstuk-tjops met salsa verde en tagliatelle
SARIE KOS Augustus / September 2011
Dié gereg word tradisioneel met kalfstjops gemaak. In Suid-Afrika is kalfsvleis moeilik bekombaar en nogal duur, daarom gebruik ons lam.
-
Ontbeende lamsboud
SARIE - Januarie 2009
Die lam word wonderlik gegeur met die jogurt en basiliekruid. As jy baie gaste het, is hierdie gereg ideaal. Vra liefs die braai-ekspert om die boud te braai!
-
Padda in die gat
SARIE KOS - Winter 2008
Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole
















Kommentaar