Lamsboud-pasta
Foto’s: Donna Lewis Galery
Rooster jou lamsboud oornag tot sag en gebruik dit om ’n geurige vleissous te maak.
(6 – 8 PORSIES)
- 45 ml olyfolie
- 600 g lamsboud (ontbeen)
- 6 knoffelhuisies
- 500 g baba-uie
- 200 g tamatiepasta
- 1 x 400 g-blik tamaties
- 250 ml beesvleisaftreksel
- 750 ml rooiwyn
- 4 takkies roosmaryn
- 1 hand vol tiemie
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 x basiese pasta-resep
- 100 g broodmeel vir uitrol
- 350 g crème fraîche
Verhit oond tot 140 ºC. Verhit olyfolie tot warm in medium-groot pot. Gebruik ’n skerp mes en druk 6
gate in die lamsboud. Druk knoffel in gate. Braai lamsboud in warm olie tot goudbruin. Voeg uie by en
braai 5 minute of tot bruin. Voeg tamatiepasta, blik tamatie, aftreksel en rooiwyn by. Bring tot kookpunt.
Voeg kruie by. Maak pot toe en bak in oond vir 8 ure of oornag. Laat afkoel en vlok vleis. Voeg van pot
se sous by vleis en bring tot kookpunt. Laat stadig prut vir 10 minute. Geur met sout en peper. Terwyl sous prut, gebruik jy ’n pastamasjien om die deeg met meel uit te rol tot nommer 2 of sowat 1 mm dik met ’n koekroller. Gebruik ’n skerp mes en sny pastavelle in repe van 2 cm breed. Bring pot met water tot kookpunt en gooi pasta in water. Kook vir 5 – 8 minute of tot pasta sag en gaar is. Dreineer en voeg by warm vleissous. Sit voor met crème fraîche. Jy kan ook 500 g gekoopte pasta van jou keuse saam met die sous voorsit.
- Assistent Melissa Pecoraro en Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Basiese pastadeeg
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis eintlik baie maklik om jou eie pasta te maak. En jy hoef nie ’n deftige pastamasjien te hê nie: Jy kan dit bloot met ’n gewone koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol.
-
Gapermossel-en-tamatiepasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Ek weet die olyfolie klink baie, maar wanneer die tamaties begin oopbars, word die sous gevorm.
-
Gebakte botterskorsie-tagliatelle met pancetta-roomsous
-
Heel geroosterde lamsnek
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gewoonlik koop jy lamsnek reeds opgesny in stukke. Vra jou slagter vir heel lamsnekke en probeer hierdie weergawe.
-
Linguini met oorskiet-lamsboud
SARIE Julie 2011
Dié een is perfek vir Maandagaand as jy oorskiet van Sondag se lamsboud het.
-
Pasta met chorizowors en botterskorsie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Pasta is goedkoop en baie vullend – geen koskas kan sonder dié bestanddeel klaarkom nie.
-
Ravioli bolognaise met salie-bruinbotter
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Twee klassieke Italiaanse geregte word een. Jy kan die vleismengsel die dag voor die tyd maak.
-
Sondagmiddag-lamsboud
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die dae van halfgaar lamsvleis is in my huis iets van die verlede. Ek hou van dié manier van kook – lank en sonder moeite. Die vleis word heerlik sag en dan pak jy sommer ook jou aartappels omdie boud om in die vleissappe gaar te word. Aartappels kom nie lekkerder as dit nie.
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
-
Spaghetti carbonara met olywe
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die hitte van die warm spaghetti maak die eiergele gaar en vorm so ’n romerige sous.
-
Spaghetti met olywe en tuna
SARIE KOS Somer 2010/11
25 minute
-
Warm caprese-spaghetti
SARIE Julie 2011
















Kommentaar