Lamskenkel-kerrie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Moenie afgesit word deur die baie bestanddele nie – die meeste is speserye.
(6 porsies)
- sowat 50 ml olyfolie
- 6 lamskenkels
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 30 ml sonneblomolie
- 3 uie, gekap
- 1 blik gekapte tamaties
- 10 ml fyn komyn
- 10 ml fyn koljander
- 4 kardemomsade
- 10 ml fyn gemmer
- 2 ml fyn kaneel
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 30 ml suurlemoensap
- 1 blik klappermelk
- 10 ml masala
- 10 ml borrie
- 1 ml brandrissievlokkies
- 250 ml water
Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi die olyfolie in ’n groot oondroosterpan en plaas die lamskenkels daarin. (Die skenkels lyk soos klein lamsboude.) Geur hulle met sout en swartpeper. Plaas in die warm oond en rooster vir sowat 45 minute tot mooi bruin. Maak intussen die kerriesous: Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol met ’n deksel wat jy in die oond kan sit. Braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die water, by. Laat prut vir so 10 minute. Verlaag die oondtemperatuur na 160 °C. Plaas die skenkels in die sous en voeg water by. Maak die kastrol toe en plaas in die oond vir sowat 2 uur. Die vleis moet heerlik sag wees. As die sous vir jou te veel lyk of nie dik genoeg na jou smaak is nie, haal die deksel vir die laaste halfuur af.
Wenk
As jy nie groot skenkels kan kry nie, kan jy dié kerrie ook met opgesnyde skenkels maak. Rooster dit dan net vir so 25 minute in die oond.
Sit voor saam met
Geelrys en rosyntjies, gestoofde perskes, piesangs in jogurt, komkommer en mango-atjar.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gestoofde perskes
SARIE - April 2009
-
Hoenderkerrie
SARIE KOS Herfs 2010
-
Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers
SARIE Augustus 2011
Die kwepers kook sag en deurskynend en blink soos juwele in die son!
-
Osso bucco - kalf-skenkels
SARIE KOS Herfs 2010
-
Piesangs met jogurt
SARIE - April 2009
-
Sondagmiddag-lamsboud
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die dae van halfgaar lamsvleis is in my huis iets van die verlede. Ek hou van dié manier van kook – lank en sonder moeite. Die vleis word heerlik sag en dan pak jy sommer ook jou aartappels omdie boud om in die vleissappe gaar te word. Aartappels kom nie lekkerder as dit nie.
-
Tamarinde-skenkels
Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte
-
Vinnige lamsosaties
SARIE KOS Winter 2010
25 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd