Lamskenkels met kwepers
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.
- 30 ml olyfolie
- 6 lamskenkels (van sowat 2,7 kg)
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml droë gemengde kruie
- 2 lourierblare
- 1 bottel (750 ml) rooiwyn
- sowat 8 klein piekel-uitjies
Verhit oond tot 180 °C. Vehit olyfolie in 'n groot kastrol. Braai skenkels so twee op 'n slag tot bruin. Plaas almal terug in die kastrol wanneer al die skenkels gebraai is. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Voeg kruie, lourierblare en rooiwyn by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in warm oond vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Laat staan skenkels oornag in yskas. Haal skenkels so 3 uur voor etenstyd uit die yskas en plaas in 'n oondroosterbak. Sit terug in 'n warm oond van 180 °C. Draai en bedruip skenkels so elke nou en dan. Die vloeistof sal baie lyk, maar dit sal afkook en 'n heerlike sous vorm. Oondrooster skenkels vir minstens 3 uur tot sag. Sit voor saam met gebakte kwepers.
*Sien Hilda Lategan se gestoofde kwepers sonder suiker
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Kruisement-lamsribstuk
SARIE KOS Somer 2009/10
Perfek vir 'n spesiale geleentheid soos Kersfees of Oujaarsaand.
-
Lam-en-ertjie-pasteitjies
SARIE - Mei 2010
Jy kan dit al die aand voor die tyd maak en net die oggend voor julle vertrek bak en toedraai.
-
Lamskenkel-pasteie
SARIE KOS April/Mei 2011
Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.
-
Lamsribstuk met kekerertjie-puree
SARIE - Januarie 2011
-
Lamsribstuk met pistasieneut-kors en baba-groente
SARIE - Desember 2009
Daar's niks so lekker soos 'n stukkie pienk lam, met die ekstra geur van neute, vir 'n feesmaal nie
-
Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers
SARIE Augustus 2011
Die kwepers kook sag en deurskynend en blink soos juwele in die son!
-
Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel
SARIE KOS Somer 2009/10
Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.
-
Tamarinde-skenkels
Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte
















Kommentaar