Lamsosaties
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek dink hierdie sosaties kan by enige kuier voorgesit word! Ons braai mos graag. Maak die sosaties twee dae voor die tyd sodat dit kan marineer
(10 - 12 sosaties)
- 1,5 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
- 8 stukke ontbeende varkliesribbetjie, in blokkies gesny
Marinade
- 30 ml sonneblomolie
- 2 - 3 uie, in skywe gesny
- 3 knoffelhuisies, fyngedruk
- 30 ml matige kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 2 - 3 lourierblare
- 5 ml fyn gemmer
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- 350 ml witwynasyn
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 500 ml melk
Maak eers die marinade: Verhit die olie in 'n kastrol en braai die uie en knoffel tot sag maar nie bruin nie. Voeg die kerriepoeier by en braai vir so 2 minute. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die melk, by en kook vir sowat 10 minute. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg die melk by. Laat afkoel. Moenie skrik nie - die melk gaan skif en dit lyk nie te aangenaam nie, maar dis reg so. Gooi die afgekoelde marinade in 'n groot bak oor die vleis en laat oornag in die yskas marineer. Ryg nou die lamsvleisblokkies saam met die varkvleis op sosatiestokkies. Verhit weer die marinade. As jy dit vir so 15 minute kook, verdwyn die skif. Laat afkoel en bedruip die sosaties daarmee terwyl jy hulle braai.
Wenk
As jy houtsosatiestokkies gaan gebruik, week die stokkies oornag in koue water. Dit sal keer dat die stokkies brand wanneer jy die sosaties braai.
Bedien saam met roosterkoek
Verwante artikels
-
Gemsboksosaties
SARIE KOS Junie/Julie 2011
As die nat seeluggie langs jou intrek, het jy dié sosaties nodig. Jy braai hulle stadig oor die kole.
-
Lam-en-eiervrug-kebabs
SARIE - Januarie 2011
30 minute
-
Roosterkoek
SARIE KOS - Somer 2007
Ek het met roosterkoek in die Karoo grootgeword en het altyd appelkoosfonfyt daarop geëet
















Kry jou SARIE oral, enige tyd